Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Uncategorized

vir my bok(K)


jy het weereens jou hande bak gehou

en vir my gese dat ek mag water kry (toe ek op die dorsste van my lewe was)

en ek het daaruit gedrink.

ewig dankbaar daarvoor. dis hoekom ek elke stappie wat ek van nou af gaan vat, elke asem teug, elke gedagte wat ek maak, gaan ek sorg dat jy deel daarvan is. ek is lief vir jou…..vir K

‘sien jou oor 2 weke’

dolfyn en jasmyn


ek is hartseer as die dolfyn en jasmyn by die venster uitgewaai het

proppe opdraai


ek onthou…………

hy kon nooit ‘n prop of deksel opsit nie. alles het altyd uitgeval, tot die klere in sy kas kon nie daar bly nie

mostertsaad


vandag

by die NG basaar het dit alles gebeur. Die gegil, skree en baljaar. Maar by my stalletjie het dit alles verkeerd geloop.  Sommige mense was bly, sommige mense was naar, maar wat gebeur het, het my die nuwe pad laat stap.

Op die een hoek van my geelhout tafel het my houertjie met die mostertsaadjies gestaan (net as simbool dat dit die kleinste saadjie is wat ‘n groot boom maak)

ek het steakrolls gemaak, een na die ander, maar niemand wou koop nie. ek kon nie verstaan wat aangaan.

ek het na die mostertsaadjie gekyk, geglimlag met die een kant van my mond, gehuil en toe gegil. dis toe dat ek die houertjie met die saadjie oopmaak en die mostertsaadjie sommer so in een van die pattys gooi.

daar ontplof die saadjie toe en word die soetse lemoen in die pan. ek proe, en dis baie soet.

ek gooi nog ‘n saadjie in die pan, en woeps, daar is ‘n appel, nartjie, piesang. sommer ‘n hele vrugteslaai.

toe ek die laaste traan uit my oe vee, sien ek dat die NG basaar se lede hulle stoele nader gebring het, na die show gekyk het en hande geklap.

tot vandag toe nog gee my mostertsaadjie vir my die soetste lemoene. ©

taal van my koffi


Die taal van  koffie

 

Hy praat sy taal wat net ek verstaan

Ek sing my eie taal saam

Slurpend, slukkend met vrede

In my hart.

Ek verlang na die taal wat ek verstaan

Die taal van my koffiekan

Die lied van my koppie

Die gesang van my hart.

Tussen ketel en koppie

Tussen liefde en verlang

Tussen soet en bitter

Verwerk ek die gal

 

besteel


ek soek na die verhoogdeur

ek soek na die ritme in my voete

ek soek na die pols in my lyf

en dis nie hier nie…..en ek wonder

wie dit gevat het?

dwaal


met lee koffer en

dowwe padkaart

stap ek na wie weet waar.

‘n selfsug


‘n Selfsugtigheid in my hart
‘n gevoellose gevoel wat nie anders kan nie
met my oe vertel ek jou my storie
jy lees dit Woord-vir-Woord
maar jou hart spoeg dit uit
die diep bang in jou
die bang dat jy my sal verloor
die andersheid in jou en die
opstand in my
ek wag altyd
ek sing, ek huil

opslagboompie in niemandsland – ingrid jonker


OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND

OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND OPSLAGBOOMPIE IN NIEMANDSLAND

Opslagboompie

Weggooikind

Wind strooi sand

In jou half-oop hand

 

Bedel nie meer nie

Om ‘n stuiwer nie.

Die wat het

Dien ‘n ander wet

 

Kringetjie wind

Kringetjie sand

Opslabgoompie

In niemandsland

 

And die lwe behoort jy\

En die lewe aan die dood

Van toeka af syne

‘deur ingrid jonker’

praat


dompraat, stompraat, ompraat

en ek verstaan nie jou praat

ek verstaan nie jou taal

ek verstaan my eie taal

van korrelsand en sout

neef rib en die troue (1)


  (1) ek wonder oor die mathee troue/ ek dink die bruid is in australia, die GOM in new zealand, die rok in witbank en die ringe in new zealand…….nou hoe gemaak.?
so werk neef Rib nou al heelweek aan sy kar om die rok in Witbank te gaan haal, maar neef Rib weet nie of die kar ooit loopbaar is witbank toe nie. Se ek toe…….neef Rib, as die kar gaan staan langs die pad met die rok, hoe dan gemaak? die bruid
kan nie sonder rok trou nie…….
‘dis fokkol’ se neef Rib,
‘die ringe is in new zealand, my oom moet dit gaan haal””
nou wonder ek of die oom ook die kar gaan leen vir die ringe in new zealand, en of neef rib maar net vir die rok verantwoordelik gaan wees. as enige iemand
kan help met ‘n lift witbank toe…..neef Rib moet die rok kry voor die naweek

Juwel het gese dat ons haar kar mag leen op een voorwaarde…..en ek weet nie of ek daardie voorwaarde hier publiek moet maak nie.

die rok is so te se klaar genaai, stik en borduur. (ons weet nie van die bruid nie).
neef Rib en ek gaan more oggend 5 uur in die pad val. ek het reeds padkos gemaak. lekker blou gekookte eiers, frikkidelle en hoenderbroodjies. ek verwag dat ons vir 3 dae gaan ry. die karretjie is dus in myle gemerk, nie km’s nie. so ek weet nie hoe vinnig neef rib hom gaan stoot nie……………..BRAND HOM NEEF RIB, BRAND HOM

so is neef Rib vanoggend 5 uur in die pad……witbank toe, met lied in die hart. Paganini ry soos ‘n droom en neef Rib se kneukels span wit op die dun stuurwiel. hy smile by homself. Ek se toe vir neef Rib ‘dis tyd om te stop vir padkos’
neef Rib se toe ‘nie ou al nie, die eiers laat my poep’
‘dan draai ons die venster af ‘ se ek
‘die venster werk nie’ se Rib.
‘dan moet ons knyp’ se ek, en maak die tupperbak met eiers oop.
dis toe dat Paganini ‘n ruk gee.
”daar kak die fenbelt’ se Rib
‘neeeeeee’ skree ek bang.
‘die fokol, ons fix hom hier langs die pad.’ en ek weet Neef Rib het altyd ‘n plan. hy ruk toe ‘n pakkie pantyhouse uit die cabyhole en draai daai kous om ‘n part in paganini dat paganini huil soos ‘n klein hondjie…..en daar gaat ons weer.’
‘overheat” skree rib
‘ons al vir 2 dae moet wag vir paganini om af te koel’se Rib
Fok,,,,,,,,DIE TROUROK…..SKREE EK.
‘JOU TAAL’SE RIB
nou sit ons langs die pad, paganini op heat en ek nie te ver agter paganini nie

kyk hoe lyk tant koek se honderhaan…….en dis toe dat ek weereens vir Neef Rib in die Rib pomp, want hy het dit begin sing toe hulle die ringe in die kerk vir mekaar gegee het.
ek fluister toe in sy oor ‘Rib, ek gaan jou harpoen as jy weer my naam met ‘n plant slaan’ en neef Rib bly toe stil. Esme speel toe die orrol en daar begin rib sing van lank sal hulle lewe, instede van die psalm wat gesing moet word. ek ruk toe my koek in ‘n krul.
NIE NOU NOU RIB, huil ek dit uit. (maar tog voel ek jammer vir rib)
EK GAAN JOU HARPOEN, RIB. en Neef rib is weer stil.
by die onthaal moes Rib ‘n heildronk instel, en dit was maar ‘n nare affere, want toe wou hy vir Juwel bedank vir die blou karretjie en ek se FOK VIR JUWEL, BEDANK MY VIR DIE EIERS EN MEATBALLS….
EK WIL NET DANKIE SE VIR
STANLEY VIR DIE PADKOS, MY EIERS WAS NIE TE BLOU GEKOOK NIE EN DIE MEATBALLS WAS FERM…..

Hello world!


Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!