Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEwil-nie-en-maar-net
My dierebare liewe mens.©
In die onderdrop, doer langs die Van Vuurens het die twee goedhartisgste mense gewoon. Lankal oor die verliefgeite en stuitigeite.
Hulle woon in ‘n baie eenvoudige huisie, g’n fieterjasies en dinge nie. Glo aan dinge soos agteros kom ook in die kraal, laat gods water oor gods akker loop en al dra aap goue ring bly hy maar ‘n lelike ding.
Dit sê nou naturlik alles van die Van Vuurens se bure.
Saterdae het Marnet bootjies gekerf en Willie drink OBS.
“Mamma, wat eet ons vir ete?”vra Willie
“Wil jy nie maar net jou gat lig en dit self gaan doen nie?” is Marnet aanvallig
“Dis maar net ‘n broodjie of iets” kerm Willie voort.
Marnet sny nog ‘n boontjie se voor- en agterpunt af.
˝Ek willie nou kos maak nie, Willie”
“Kan jy maar net opstaan, en maar net ‘n bleddie broodjie maak?”
EK WILLIE skree Marnet
NEE, EK IS WILLIE huil Willie teen die tyd van die honger.
En so hou hulle aan stry oor wil nie en Willie. Dis die OBS wat praat.
“Willie, hierso, eet tog aan die boonjie. Dit sal die gaatjie op jou maag vol maak” en Marnet gooi ‘n ongekerfde boontjie na Willie.
EK WILLIE – skree hy
Dis nou mooi so pappa, jy is mos Willie.
No comments yet »
Your comment
HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
