Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEVandag ‘n tribute vir pa. liewe pa. ….en toe kom Desember tyd en ons gaan vakansie hou met die stasie wa. (volkswage natuurlik). Die beste tyd in my lewe en ek wil vir julle die storie vertel: ons is nog nie eens by Bethlehem verby, dan sê ek dat ek al die see ruik. “Jy verbeel jou. Die see is nog ver”het pa gesê. “Hoe ver?” wou ek weet. “baie ver” sou hy dan sê. Man van min woorde, maar tog waas daar ‘n konneksie tussen ons. Pa se geliefde storie was toe ons in Durban aankom, en die bagasie word afgelaai en in die ‘lift’val die vrugte koek toe in stukke wat ma vir maande aaneen genurse het en voorberei het. “Mamma gaan so kwaad wees”het pa gesê “Wat gaan ons doen?”het hy gevra? “Dis maklik. Ons plak hom net weer aanmekaar vas.”het ek gesê. Pa het dan gelag. Dit was pa se geliefde storie om te vertel. Nog ‘n geliefde storie….. Ek was altyd lui om te stap. Ons het gewoonlik lang engte gaan stap. Dan het ek na ‘n rukkie met my vingers geklap, voor Pa gaan staan en gesê – op op op. Pa moes my dan op sy skouers tel en so stap totdat sy arme rug dit nie meer kon uitstaan nie. Pa was lief daarvoor om ons te vermaak….met klein simple dinge, maar tog was dit vir my altyd snaaks. Ek het altyd uit my maag uit gelag. Hy wou die Riksha’s in Durban se vere aan die brand steek met ‘n ‘vieriekie” …hy het nie van vuurhoutjies gepraat nie. Soms het Pa in die middel van die pad gaan lê….dan het ek geskree van plesier, want dit was tog so gevaarlik, maar dit het van Pa die grootste Hero in my lewe gemaak. Pa het dan soms vir my grappe gelag. Die grootste een was toe ek sy pyp met vuurhoutjie koppies volgepak het. (hy moes dit tog geweet het) maar toe hy die pyp aan die brand wou steek, is dit ‘n vuur-vlam. Ek het in aanwagting gewag vir daardie oomblik. Hy moes dit geweet het, maar ek weet dat hy my wou vermaak deur te skrik. Stukkende Jeans, Lang hare, ou skoene en ongeskeerd het ek altyd by Pa opgedaag, na baie jare se ‘nie sien nie’. en dit was niks. Die oomblik om MY daar te he was goed, maak nie saak wat ek aangehad het nie. Nooit is ek toe deur Pa gejudge deur my klere, hare of baard nie. Dit was altyd net amazing dat ek by Pa kon wees. Na ‘n rukkie se kuier sou Pa ‘n glimlag kry oor die stukkende Jean, maar dus, niks het saak gemaak nie. ek was daar en dis toe wat ek die painting begin doen (daardie tyd was die painting in my onderbewussyn, nie geweet dat ek dit sou doen nie)…..’be comfortable with silence”. En so was dit vir jare…..’n gemaklike stilte en dit is wat mens ‘n sterk mens maak. Stilte, Stilte. Stilte. Pa kon nooit my ‘travel’gees verstaan het nie, maar hy het respek daarvoor gehad. Dan is ek in New York, stuur ‘n poskaart uit Italy, en so gaan dit aan. Pa wou die plekke sien, en ek het fotos vir hom gewys. En altyd het ek geweet dat hy saam met my gereis het. Van hier, New York toe, London toe, Spanje, Griekeland, Melkobsstrand tot op die einde van Hondeklipbaai. ….en toe kom daar ‘n groot wind op en waai die blaartjie van die boom af. Ek het die blaartjie gevang en onder my kussing gesit en snags, net voor ek aan die slaap raak, het hierdie blaartjie ‘n groot woud geword en die woud se naam is Harry Cierenberg. Die mooiste woud, met die mooiste varings, blomme, struike, Geelhoutbome, Melkbome, buffelsgras, mos (so sag soos ‘n kussing) en met daardie wete het ek gaan slaap. En nou, elke aand in, doer ver in Hondeklipbaai, waar die sterre oor my hang, pluk ek ‘n ster, vryf dit blink en bêre dit saam met die blaar onder my kussing.. Pa, Harry, se Cierenberg bloed, regte bloed, is in my are en dit maak van my ‘n trotse mens. ‘n mens, ‘n Cierenberg….. Pa was nog altyd my Hero. Liefde Stantjie-boy. http://stanleystorie.wordpress.com/2009/05/26/tribute-vir-my-oorlede-pa/
Vandag
‘n tribute vir pa.
liewe pa.
….en toe kom Desember tyd en ons gaan vakansie hou met die stasie wa. (volkswage natuurlik). Die beste tyd in my lewe en ek wil vir julle die storie vertel:
ons is nog nie eens by Bethlehem verby, dan sê ek dat ek al die see ruik.
“Jy verbeel jou. Die see is nog ver”het pa gesê.
“Hoe ver?” wou ek weet.
“baie ver” sou hy dan sê.
Man van min woorde, maar tog waas daar ‘n konneksie tussen ons.
Pa se geliefde storie was toe ons in Durban aankom, en die bagasie word afgelaai en in die ‘lift’val die vrugte koek toe in stukke wat ma vir maande aaneen genurse het en voorberei het.
“Mamma gaan so kwaad wees”het pa gesê
“Wat gaan ons doen?”het hy gevra?
“Dis maklik. Ons plak hom net weer aanmekaar vas.”het ek gesê. Pa het dan gelag.
Dit was pa se geliefde storie om te vertel.
Nog ‘n geliefde storie…..
Ek was altyd lui om te stap. Ons het gewoonlik lang engte gaan stap. Dan het ek na ‘n rukkie met my vingers geklap, voor Pa gaan staan en gesê – op op op. Pa moes my dan op sy skouers tel en so stap totdat sy arme rug dit nie meer kon uitstaan nie.
Pa was lief daarvoor om ons te vermaak….met klein simple dinge, maar tog was dit vir my altyd snaaks. Ek het altyd uit my maag uit gelag.
Hy wou die Riksha’s in Durban se vere aan die brand steek met ‘n ‘vieriekie” …hy het nie van vuurhoutjies gepraat nie.
Soms het Pa in die middel van die pad gaan lê….dan het ek geskree van plesier, want dit was tog so gevaarlik, maar dit het van Pa die grootste Hero in my lewe gemaak.
Pa het dan soms vir my grappe gelag. Die grootste een was toe ek sy pyp met vuurhoutjie koppies volgepak het. (hy moes dit tog geweet het) maar toe hy die pyp aan die brand wou steek, is dit ‘n vuur-vlam. Ek het in aanwagting gewag vir daardie oomblik. Hy moes dit geweet het, maar ek weet dat hy my wou vermaak deur te skrik.
Stukkende Jeans, Lang hare, ou skoene en ongeskeerd het ek altyd by Pa opgedaag, na baie jare se ‘nie sien nie’. en dit was niks. Die oomblik om MY daar te he was goed, maak nie saak wat ek aangehad het nie. Nooit is ek toe deur Pa gejudge deur my klere, hare of baard nie. Dit was altyd net amazing dat ek by Pa kon wees. Na ‘n rukkie se kuier sou Pa ‘n glimlag kry oor die stukkende Jean, maar dus, niks het saak gemaak nie. ek was daar en dis toe wat ek die painting begin doen (daardie tyd was die painting in my onderbewussyn, nie geweet dat ek dit sou doen nie)…..’be comfortable with silence”. En so was dit vir jare…..’n gemaklike stilte en dit is wat mens ‘n sterk mens maak. Stilte, Stilte. Stilte.
Pa kon nooit my ‘travel’gees verstaan het nie, maar hy het respek daarvoor gehad. Dan is ek in New York, stuur ‘n poskaart uit Italy, en so gaan dit aan. Pa wou die plekke sien, en ek het fotos vir hom gewys. En altyd het ek geweet dat hy saam met my gereis het. Van hier, New York toe, London toe, Spanje, Griekeland, Melkobsstrand tot op die einde van Hondeklipbaai.
….en toe kom daar ‘n groot wind op en waai die blaartjie van die boom af. Ek het die blaartjie gevang en onder my kussing gesit en snags, net voor ek aan die slaap raak, het hierdie blaartjie ‘n groot woud geword en die woud se naam is Harry Cierenberg. Die mooiste woud, met die mooiste varings, blomme, struike, Geelhoutbome, Melkbome, buffelsgras, mos (so sag soos ‘n kussing) en met daardie wete het ek gaan slaap.
En nou, elke aand in, doer ver in Hondeklipbaai, waar die sterre oor my hang, pluk ek ‘n ster, vryf dit blink en bêre dit saam met die blaar onder my kussing..
Pa, Harry, se Cierenberg bloed, regte bloed, is in my are en dit maak van my ‘n trotse mens. ‘n mens, ‘n Cierenberg…..
Pa was nog altyd my Hero.
Liefde
Stantjie-boy.
http://stanleystorie.wordpress.com/2009/05/26/tribute-vir-my-oorlede-pa/
3 Kommentaar »
Sjoe, hier het jy my nou laat tjank! Dit is ongelooflik mooi….ek het nou eers vir Tersia gebel om dit vir haar te lees, toe tjank ons maar saam!!
Love you
Wilma
Your comment
HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Stantjie-boy
Weet jy hoe trots pa op jou was. Ongelooflik trots. Jy is sy 7de laan held. Hy was so opgewonde om jou te kon sien op die tv. Ja elke slag as jy oorsee gaan het pa net gesé, hoop hy kom veilig terug. Toe jy Hondeklipbaai toe trek was pa baie baie bekommerd oor jou. Jy sal doodgaan van alleenheid, Pa was baie baie baie lief vir jou. Al het julle mekaar baie min gesien. Pa het omgegee vir sy stantjie-boy. Ek kan met eerlikheid daarvan getuig, want ek is jou stiefsuster, die trotse kind van Harry wat aangeneem is. Ek het nie my pa se bloed nie, maar ek het sy liefde gehad, Ons het een wonderlike pa gehad. Pa Harry, ja ‘m tribute vir hom.
Baie lief vir jou, Stan, jy is my boetie,
Groete
Martie