Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

upload en download (ek vloek in die storie)

Upload en download.©

Dis die dag toe ek by die kantore instap. Baie rekenaars, telefone en sulke NG bazaar vrouens.
“More” sê ek sommer so in die lug in. Niemand besonders nie.
“More” groet die vrou met die frikkedel vingers terug en tik nog iets op haar rekenaar.
Langs haar sit ‘n vrou met een blou oog.
“Los die bliksem as hy jou slaan” sê ek vir die vrou.
“Nee, dis nie wat jy dink nie. Toe ek by die stort uitstap trip ek oor my spaniel hond. Ek val toe teen die wasbak”. Kak dink ek maar sê toe maar “sjaaim, jy moet seker ‘n klein badkamertjie he”
Die vrou met die stomp frikkidel vingers spring op om die print – out by die printer te gaan haal.
“Bleddie printer”hoor ek haar sê.

Teen die tyd is ek so bang en verboureerd en loer by die blinds uit en sien die mooiste wit en pienk jasmyn blommetjies.
“mooi die Jasmyn” sê ek vir Blou-oog.
“ja” sê sy. ´op my troue het ons tafels vol Jasmyn gehad. Sommige mense het kopseer gekry, maar dit bly iets besonders.”
“jou troue of die jasmyn?” wil ek weet.
“Die jasmyn. My troue was ‘n fokop. Een van die strooimeisies was so nervous dat sy op haar strooimeisierok gekots het. My ma het haar hare bulletproof gespuit. Lyk toe soos ‘n crash helmet.” Borduur die vrou uit oor die troue.
Ek hou van die vrou. Bietjie kommen, maar hart van goud.
“Dis toe dat ek mos met die openingsdans gly, en my voortanne uitval. Nou sit ek met ‘n kunsgebit. Kan jy verstaan hoekom my troue ‘n fokop was?” huil die vrou teen die tyd.
“Nie weer daardie fokken troue storie nie” skree die frikkeldvingers
“Kan jy nie sien ons is besig om toe download nie?” sê die een man in die hoek. En hy is mooi.
“Genade my mens. Maar jy is mooi. Weet jy, ek het vanoggend gedownload.” Sê ek met ‘n blygeit wat tot in my broek gaan sit.
Frikkidel-vingers hik, Blou-oog kreun en die man gryp sy kop vas.
“Maar ons moes eers upload, jy weet, baie mossels en piesangs, dan eers die volgende dag download ons. Sommer hope megabites” gil ek.
“NEE” skree iemand langs my.
“my genade vriendin, jy eet. Jammer dat ek jou ontstel. Wat eet jy?.” En die vrou se ouma beskuit hang ‘n sekont of twee langer in haar goedkoop geblomde koppie. Ek sien ook dat die koppie getjip is aan die een kant.
“Pasop vir jou lip”skree ek.
“Sies”skree Beskuit terug.
“Haai, ek sien jy upload met beskuit net om later weer te download met beskyt.” Die vrou vererg haar, gryp haar beskuit en waggel by die deur uit.
“Haai siestog, dat mens tog so sensitief kan wees” sê ek en stap by die kantoor uit om vir my ‘n jasmynbloeisel te gaan pluk. Die vrou wat haar tanne uitgeval het loer by die blinds uit, en so met haar hand stuur sy ‘n soenjtie vir my. Haar twee valstanne val uit en ek dink by myself: “Sjaaim, nou is haar lippe ook pap. Die ongeluk ry ook die vrou lelik.” Fluister ek vir die jasmjyn bloeisel en toe hoor ek dat daar ‘n download iewers in ‘n kantoor blok is. Sommer baie megabites en ouma beskuit.

No comments yet »

Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>