Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

stofpad vol oesters

Dis die dag toe die vrou van die tuisnywerheid oppad was na Kamieskroon se grondpad waar alles verkeerd geloop het.

Dis nou wat ma vertel.

Die pad was so sleg en het so geskud, dat die vrou se dubbel ken op haar bors gaan sit het en haar borste op haar maag.

Toe sy uit daardie geskud uitklim, by die naaste kafee, lyk sy soos ‘n tweedhandse separator. G’n mens weet waar is die room en waar is die melk.

Dis toe dat sy Russian en chips wou bestel want, soos sy altyd gese het as sy honger is,  haar bloedsuiker het geval. Ma se dis sommer aansit daardie. Dis pure vraatsigheid, want van die heeldag siit in ‘n tuisnywerheid, met koeke en terte om jou, sal jy n gesonde eetlus ontwikkel en dit was ook so. Gesond was die vrou. Heel gesond. Behalwe nou vir die sogenaamde suiker problem.

 

 

Stap ek toe met n handvol roesyne en eet sommer so in die stap stap.

 

 

Soos pastoor soms na die plase uitgery het vir huisbesoek, het hy aspris laaste na die vrou met die rooi naels gery wat vir die tuisnywerheid gebak het.

Halfpad op die grondpad was ‘n windpomp en op die stert van die windpomp het die woord “CLIMAX” gestaan. Hy het nooit geweet of die ‘n teken was of die naam van die windpomp.

Die tuisnywerheidsbakster het maar alleen gewoon en soos ma altyd gese het, ‘n vrou wat so alleen woon se behoeftes trek kop se kant toe, dan word sy kens en trek al haar hare uit. Nie behoeftes vir praat nie, nee, ander behoeftes.

En pastoor het dit geweet.

Dan sukkel hy om sy balans op die pad te hou en as hy by die voordeur kom aanklop is dit ‘n gemiddag suster, ja suster nee suster…….tot die dag wat sy gese het…..de hel met die gesuster. Noem my sommer climax.

En dis toe dat pastoor daar uitstap, skoon regop soos ‘n malgas wat strand langs draf opsoek na oesters op die klippe

1 Kommentaar »

  rosalindfranklin wrote @

Dis lekker, ek hou van jou stories en gedigte. En welkom hier by wordpress, ek hoop en sien veel meer van jou.


Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>