Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

song vir pa.

Malutieberg, Drankensberg, Swartberg.

Maar die grootste berg bly Cierenberg

En nou het die laaste tarentaal-veer uitgeval

En gefladder na wie weet waar.

Maar, soveel ongepraate sinne en woorde

Maar die lang-tyd se rympie – Jesus maak my hartjie rein-

Bly draai en draai in my kop soos ‘n ou refrain.

Ek het die liedjie begin sing, sommer met optel-woorde

Maar toe kom pa en die afskeur-kiekie

bly hang teen die muur net ‘n bietjie

teen die muur net ‘n bietjie, net ‘n bietjie langer.

En snags as ek sterre pluk, droom ek oor wat ek nie gehad het

En bedags as die wind deur my waai, koggel die leempte my.

Maar ons woorde sal altyd daar bly

“vieriekies, kadoef en polliewitvoet” dis sal vir ewig bly.

Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop

het nie saak gemaak, en sal nie saak maak

want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur

het die mooiste prentjie gemaak.

Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop

het nie saak gemaak, en sal nie saak maak

want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur

het die mooiste prentjie gemaak.

Huis, Paleis, Pondok varkhok

Slangetjies en leertjies met ‘n dobbelsteen

Met ‘n pot vol boontjie sop, bou ek kastele met stukkende stene.

No comments yet »

Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>