Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

ouma meelblom en die elastoplast

stanley

stanley

bobaas bakster by die bazaar, biduur, kermis en enige samekoms van mense wat eet.  Dis nou ons Ouma Meelblom.  Effens oorgewig, maar baie ponde van liefde.  Wanneer dit baktyd is, moes Oupa soms hand bysit met die knie van die vetkoek deeg, want Ouma het begin tenniselmboog kry.

More is dit basaar dag en die vetkoek deeg staan gereed vir die oornag se reis.  Onder die vetkoek kombers het die deeg geswel.

Ouma Meelblom en Oupa het al gaan omval in die kooi, toe Ouma grootoog wakker skrik en skree:

“my plaster is weg?”

“hoe nou” bewe oupa

“die plaster wat op my vinger was is af. dit moes in die deeg geval het van die knie” huil Ouma Meelblom.

ons sal die plaster moet gaan soek  stel oupa voor.

net so, ons sal daardie deeg stukkie vir stukkie moet gaan uitrafel en die plaster soek.  beaan ouma

Na ‘n gegrou, uitrafel, gaffel en pluis, gee hulle moet op. Geen plaster gekry nie.

wat nou? huil ouma.

die mense gaan nooit ooit weer laat ek bak as iemand die plaster in ‘n vetkoek kry nie.

Ons sal die plaster kry troos oupa

Toe ouma, papnat van die sweet, in die hoek gaan sit en die sweet van haar bolip wil afvee, sien sy dat die plaster op die ander hand se vinger gaan vassit het.

ek is nou heeltmal te oud vir bak.  ek gaan ophou.

En so vou ouma meelblom die vetkoek kombers op, en gaan gooi die klein katjies in die hoek toe.
“dalk kry hulle koud” se ouma
©stanley cierenberg

7 Kommentaar »

  Wipneus! wrote @

Wow Stanley ek is mal oor jou skryfstyl!!!!

Ek gaan dit baie geniet om hier te lees!

  Sonia wrote @

Arme ouma om so te stres – in restaurante is pleisters helder blou, vir presies daardie rede!
Stan, is daardie skets van jou? Want dan is jy vervlaks handsome, man!

  En dan kom mens op so iets af… « rondom my tafel wrote @

[...] dan kom mens op iets af soos Stanley Cierenberg se blog, en dan begryp mens weereens waarom blogging (soms) tog waarde [...]

  kaalvoetinireen wrote @

Ek stem saam Wip! Ek gaan verseker nog baie hier kom kuier.

  stanley cierenberg wrote @

dankie vir die inloer by my blog. heerlik om comments te lees.
sonia, ja dis ek op die skets, maar dis 2001 gedoen. ek het dalk ouer geword. maar dankie vir die kompliment. dis so nice van julle

  Sonia wrote @

Wel, Stanley, dis maar net ‘n paar jaar gelede…
En ek is nie ‘n nice mens nie!

Ek dink maar net jy is talentvol.
Doe zo voort.

  stanley cierenberg wrote @

baie dankie. gaan lees my storie oor die vrou met die Knee Heights.


Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>