Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEouma meelblom en die elastoplast
bobaas bakster by die bazaar, biduur, kermis en enige samekoms van mense wat eet. Dis nou ons Ouma Meelblom. Effens oorgewig, maar baie ponde van liefde. Wanneer dit baktyd is, moes Oupa soms hand bysit met die knie van die vetkoek deeg, want Ouma het begin tenniselmboog kry.
More is dit basaar dag en die vetkoek deeg staan gereed vir die oornag se reis. Onder die vetkoek kombers het die deeg geswel.
Ouma Meelblom en Oupa het al gaan omval in die kooi, toe Ouma grootoog wakker skrik en skree:
“my plaster is weg?”
“hoe nou” bewe oupa
“die plaster wat op my vinger was is af. dit moes in die deeg geval het van die knie” huil Ouma Meelblom.
ons sal die plaster moet gaan soek stel oupa voor.
net so, ons sal daardie deeg stukkie vir stukkie moet gaan uitrafel en die plaster soek. beaan ouma
Na ‘n gegrou, uitrafel, gaffel en pluis, gee hulle moet op. Geen plaster gekry nie.
wat nou? huil ouma.
die mense gaan nooit ooit weer laat ek bak as iemand die plaster in ‘n vetkoek kry nie.
Ons sal die plaster kry troos oupa
Toe ouma, papnat van die sweet, in die hoek gaan sit en die sweet van haar bolip wil afvee, sien sy dat die plaster op die ander hand se vinger gaan vassit het.
ek is nou heeltmal te oud vir bak. ek gaan ophou.
En so vou ouma meelblom die vetkoek kombers op, en gaan gooi die klein katjies in die hoek toe.
“dalk kry hulle koud” se ouma
©stanley cierenberg
7 Kommentaar »
[...] dan kom mens op iets af soos Stanley Cierenberg se blog, en dan begryp mens weereens waarom blogging (soms) tog waarde [...]
Your comment
HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>


Wow Stanley ek is mal oor jou skryfstyl!!!!
Ek gaan dit baie geniet om hier te lees!