Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

my huis (‘n moet lees)

Snags hou die een-oog-maan wag oor my

Waar ek slaap

Snags hou die een-oog-maan wag oor

My stukkende broek

Snags hou die een-oog-maan wag oor

My hondgebyte slippers.

En waar my seun in die lang gang

Die blik albasters uitgooi

En die houtvloer kerm onder goonies

Weet ek dat daar nog ‘n takkie

Uit my gegroei het

In die voorhuis-kombuis van my huis

Loer Katariene in elke pot wat bruis

En die oggend-pap reuk trek tot by my neus

En dis toe Katariena skree.

“Nee Jirre, toe Baby, kom uit die kooi uit!”

No comments yet »

Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>