Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEfrikkidelle en fairylights
Dit was ‘n klein, maar lekker troue. Nie te veel mense nie, maar heelwat fieterjasies. Goblets, spierwit servette op bloedrooi organza tafeldoeke. Lappe wat hang van een hoek van die dak tot by die ander hoek van die dak. Rose en fairylights. Dis net lap en kandelare met spierwit kerse. Heel grênd vir die bruid, (nie dat sy veel omgee nie, want dis haar vierde huwelik).
Trifle vir poeding en sommer dan truffles met laasjaar se krismiskoek vir vulsul. Nogal lekker so saam met koffie.
Die seremonie en onthaal word sommer so in een saal gehou.
Voor waar die bruid en gom moet sit is ‘n stillasie gemaak van duisende meters lap, rose en liggies. Gedraai gekrul en flikker so deur die dominee se gepraat deur.
Die mense raak toe uitgekuier, praat uit en hou niks terug nie.
“Maak bietjie daardie deur oop doer agter die stillasie” sê die een vrou. Ook goed gekuier en hou nie terug nie.
“Maak oop laat hier vars lug inkom. Ons gaan mos versmoor”
So maak iemand die skuifdeur agter die stillasie oop. Die wind steek op (seker die bruik ook) en daar trek die stillasie met liggies en organza oor die gedekte tafel en die dominee wat nog wou amen roep.
Die man wat die stillasie gebou en gedrape het vererg hom stom en word wit om die wange. Bedonnerd verby, maar sê g’n niks woord nie. Los dit maar net so.
Twintig fairy lighs se globes fuse.
“Slaan my met ‘n gesoute snoek om” skree die een vrou van verbasing
“Moenie worry nie, vrou, nou kom hier vars lug in en ons het ‘n sea view. Die bruidspaar is anyway van die Transvaal”
“Hoor hoor”skree ‘n dronk man.
Nadat die meeste gaste weg is, kom sit die vrou by my wat die deur laat oopmaak het.
“Daardie man is goed die donner in vir my”sê die vrou.
“Nee man. Hy is rusting. Moenie te veel worry nie” sê ek
Die vrou lag uit haar maag uit en ek moes saam lag.
“Twitig globes gefuse”sê die vrou.
“Darem leef almal nog”sê ek.
Ons lag nog.
“Wee jy, laat ek skinder. Hierdie bruid het mos nou al vier keer getrou. Haar suster was glo baie ryk. Geld was g’n kwessie gewees nie. Die suster het sulke groot tieties gehad, mens kon posbusse daarop sit.” Gaan die vrou aan.
“Haai mens.”is al wat ek kan sê.
“Ja, toe die suster sterf, los sy al die geld net so vir die boyfriend. Nie ‘n sent gaan na die familie toe nie.”
“Dis vreeslik”sê ek
“Ja, ek sê toe vir haar sy moet dit opvolg. Gaan hof toe as dit moet. Daar is blykbaar twee testamente. Een vir die boyfriend en een vir die familie. Gaan hof toe. Volg dit op”en die vrou is byna in trane.
Teen hierdie tyd weet ek nie of ek wil lag of huil nie. ek weet nie of ek jammer voel vir die dooie vrou met die posbus tiete of bly moet wees vir die suster wat trou nie.
“Vertel verder”por ek
“Jong, die suster sê toe de hel met die res. En daar vat sy toe die boyfriend vry hom goed en dis die man wat sy vandag trou. Slaan my om met ‘n sout snoek.”
“Dis darm te vreeslik. Geen afrikanse, boere waardes nie.”sê die vrou.
“Ja” is al wat ek kan sê.
“Maar wag mens, dis laat. Ek moet nou huistoe gaan. Kom eet more by my. Ek gaan sulke groot, handvol frikkidelle maak wat toegevou is in kool blare. Kom eet ‘n boere ete by my”
En toe die vrou opstaan om te loop, kom haar seun by haar staan. En hy is mooi.
“Ja, ek sal kom groot, handvol, frikkidelle eet by jou.” En toe weet ek.
Stanley Cierenberg©
No comments yet »
Your comment
HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
