Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

die vrou met die Knee Heights.

Kuier ek toe mos op ‘n klein dorpie waar almal van almal weet en as jy nie iets weet nie, dan maak jy dit sommer op en vertel dit.
Daar woon ‘n vrou wat winter en somer knee-heights gedra het. As
sy dan gaan sit, steek die rekke van die knee-heights so by die rokspante uit.
Nooit was iets ooit reg vir haar gewees nie. Die koffiehuis is te raserig, daardie restaurant te duur en so kerm Knee Heights oor alles.

‘Kom ons gaan drink koffie by daardie koffie-huis op die hoek” stel Knee Heights se vriedin voor die dag.
“Moenie vir my sê jy team nou op met daardie man daar nie” is Knee Heights geskok.
“kom net, vriendin”en voordat Knee Heights kon sê poep, is hulle in by die koffiehuis.

Kandelabras hang, wierook brand en groot skilderye van mense wat lankal dood is hang teen die mure.
“Pragtag, ne”se die vriendin.
Knee Heights sê niks, gaan sit dat die rekke uitsteek en draai haar duime oor mekaar.
“Jy weet, my man verjaar vandag, en ek kry hom nie in die hande om geluk te sê nie.” begin Knee Heights.
“Vriendin, jou man is lankal al dood, dis hoekom jy hom nie in die hande kry nie”
“Natuurlik. Kan ek sommer maar koffie bestel met daardie skuim en goete op”sit Knee Heights haar order in.
“selfde vir my”vra Vriendin.

“Haai, welkom hier. Is julle al gehelp?” kom praat die man van die koffiehuis.
“ja-ja. Ons is reg” sê Vriendin en Rina en Ge Korsten sing Jerusalem.
“Fantasties” sê die man.

Dis toe dat die man so dubbeld kyk na Knee Heights en die klots van ‘n ring aan haar vinger sien.
Rina en Ge sing nog en daar gryp die man Knee Heights se hand om die ring te bekyk, die koffie met die skuim val amper uit haar hand uit.
“kan ek die ring aanpas. Dis darm maar vreeslik mooi”sê die man.
“Ja, kyk maar”en daar haal sy die ring af, die man wasem die diamond met sy mond en vryf dit blink. Die vrou kry amper ‘n aanval.
“dis die mooiste ring.”prys die man haar.
“dink jy so?” vra Knee Heights.
“natuurlik. Dis fantasties” en die man hou die ring in die son om beter te kan sien.
“as die man weer fantasties sê kak ek ‘n bol plasties”sê Knee Heights.
“Jou taal, vriendin”
“Dis darm mooi. Baie duur kan ek sien en so stylvol” sê die man.

“Jammer, kan ek nog ‘n cup of chino bestel. Hierdie koffie is darm maar heerlik.” Sê Knee Heigts ewe grênd.
“dis cappuccino”help Vriendin reg.
En toe die man omdraai en wegstap, sien hy ‘n klein glimlaggie op Knee Heights se mondhoeke.
“Ek kry vir jou nog ‘n cappuccino, sommer op die huis” sê die man.
stanley cierenberg

4 Kommentaar »

  petter wrote @

geniet die stories terdee, hou aan en jou talent verbeter by die dag, volgende is jou skilderye op die blok, doen so voort. – hrh

  kaalvoetinireen wrote @

EK het die storietjie baie geniet, nes al die ander.

  wilma wrote @

Dit is snaaks. Vertel vir hulle die een van die doppiepampoen.

  stanley cierenberg wrote @

wilma, my darling suster.
dankie vir die mooi woorde. ek het al vergeet van doppie pampoen. ek moet net my storie weer mooi
agter mekaar kry. dalk moet ek bloem toe kom dat jy my help onthou…..


Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>