Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEdie voel en die kat
Die voël en die kat.
Martie sit op die toilet, soos gewoonlik eerste ding in die oggend. Agter op die toilet deur is ‘n koerant uitknipsel vasgeplak. As sy haar behoeftes laat gaan, huil sy sommer die selfde tyd oor die berig in die koerant. Sy sê altyd dat as sy huil terwyl sy behoeftes verlig, verlig dit sommer die pyn en verlies ook.
Dan dink sy terug.
Haar dierbare kat, en sy naam was Kat, want sy kon nie iets anders uitdink nie, het ‘n nare dood gesterf. Keel morsaf gebyt. (Martie snik nou weer, drup nog bietjie en lees die berug verder).
Dit was vrouedag, Martie maak gereed vir die vergadering by die stadsaal, toe die vrou oorkant die straat met krullers in die kop by die venster uithang en skree asof sy geboorte gee.
Die man wat tuin natmaak (in so many ways), skree met sy mond wawyd oop, maar geen klank kom uit nie, want in die straat hardloop Kat met Voël al hangend op sy rug.
Kat en Voël aan die baklei. Voël skree soos die kruller vrou, en Kat is stom, want tot Martie se verbasing het Voël Kat se nek morsaf geknibbel. Die buurt was in skok en die afnek kat het die koerant gehaal, of was dit Voël wat die hoofberig gekry het?
Vandag sit Voël ewe gelukkig in sy hok, en snags kruip hy in die mooiste, warmste pels nessie, en dis dan wanneer Martie haar verbeel dat Voël ‘n klein glimlaggie op sy skerp bek het.©STANLEY CIERENBERG
1 Kommentaar »
Your comment
HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

nou ja toe. ons het later gehoor dat die pappagaai aan ‘n ene piepielangtros behoort het. dit was mos pippie langkous se boetie. so word vertel deur hans van pletezen