Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

dwaal

met lee koffer en

dowwe padkaart

stap ek na wie weet waar.

SKOENRIEM

Skoenriem.

Ek het op my knieë gegaan

om jou skoenriem vas te maak –

jy het jou voet weggetrek

opgestaan en

weggegaan

ontvang

vandag was die Here goed vir my…..ek het skilderye verkoop….Halleluja

dans

dans vandag soos ‘n kind,
met ‘n skulpie armband.

BILLY

jy het in my siel kom connect, want jy het my pa se dood so mooi vir my kom vertel. Jy is nou die groot koning van die familie. dankie dat jy my familie is.

geluk met jou donnerse verjaarsdag

hoe gebeur dit, weet ek nie en dit maak ook nie nou meer saak nie.
maar die groot vraag bly hang?.
my biologiese pa is dood en ek het nooit vir hom gesé geluk met pa se verjaarsdag nie, want ek het hom nie geken nie. maar vandag moet ek my stiefpa geluk wens…dit, terwyl ek my pa se verjaarsdag datum op sy doodsertifikaat moet lees….hoe maak dit fokken sin?

vals

kan enige iemand my help met die verklaring van hierdie voord VALS……

ek het  nie ‘n HAT by my nie.  ek word nou al vir ‘n week daarvan beskuldig,

HELP MENSE.

onsmaaklike (vreemde) gedrag

ek wonder……….

hoekom sal mense iets vir jou bring, en vir jou sé dat jy dit alles kan gebruik, en dit vir jou kom aflaai (SONDER DAT EK DAARVOOR GEVRA HET)….MAAR na ‘n rukkie, nadat hulle besluit het om upset te raak, my te bel en vir my sé om die ‘goete’ terug te bring, en ek dra dit met die stofpad af terug…..tafels, stoele etc.?…….is dit normaal, of verbeel ek my maar net?

kraan

dan klim daar ‘n kraan in my kop.
en die suiwerste, skoon, heiligiste water loop in my kop in en gaan lé en my harsings en sluip so stil stil na my siel toe. en die kraan word nooit weer toegdraai nie….want ek hou dit oop.

om te skud

soms moet ‘n wind sterk waai om ou stof weg te waai…en om weer nuut te word.
ek maak nie moeilikheid nie, skinder nie maar skud net mense wakker, soos die wind……om plek te maak

gaan kyk op my bladsye

fotos van die enigme op my bladsye……..enigma bekyk blomme

BLOM EN DIE KOBRA

in my agtertuin staan ‘n bos pronkertjies.
skone pienk en wit. ruik soos ouma se parfuum, sommer so in die verbystap buk ek af om te ruik en om te sé “dankie vir die lekker reuk voor my deur”..toe ek afbuk, my kop in die bos druk, pik die kobra my in my gesig. ek het ingekom, my laaste brief geskryf en die gif in my bloed voel loop, tot ek dood is.

skreeu van die dak af

vat al jou probleme en hartseer en gaan staan op jou huis se se dak. kyk ver, oor al die bome, ander huise se dakke, perskebome, pepper bome, doringbome en poppelier bome. Klim dan af en gaan begrawe jou pyn iewers in ‘n muur. grou die muur oop, druk die pyn en seer daarin en bou dit toe. eendag, dalk net eendag breek iemand die huis af en bly net die geraamte oor. dis al.hand

vriende

en sowaar, ja sowaar vandag kom val daardie blink sterre, uit die hemel, op my neer. en hulle vryf my siel blink en ek voel weer lewe in my bloed inkruip, sommer so druppel vir druppel, maar tog is ek bang, die groot bang van verloor……vir bakkies en sting

nog ‘n gebed

pray resizenet ‘n gebed, sonder woorde

klavier

ek het vandag vir my ‘n klavier gekoop,
sommer sonder klawers, (swart of wit)
Maar tog sing ek die mooiste liedjie,
want die mense sing saam met my.

hoeveel steke vir my wond

jy het na my wond gekyk

en die wond met steke toegewer, vir gesond word.

waar gaan ek hierdie woorde haal?

met tye wonder ek of daar nie net iemand iewers is wat my kan vashou, regop-hou en vir my kan vertel dat alles ok is. al is daar die grootste storm wat op die horison nader rol, nogsteeds my kan vashou en vir my fluister dat alles ok is…..”Ja, ek is hier. rus nou maar net”……waar gaan ek daardie woorde haal?

langs my eie tafel

ek wonder soms of ek langs my eie hartseer kan sit, by ‘n mooi-gedekte tafel, en koffie drink?….sal my eie hartseer saampraat.

om Liewe Jesus te laat smile

Pluk vir my ‘n hand vol pou-vere
Tel vir my ‘n streepsak vol klippies op
Maak vir my ‘n kardoes vol met son-gebleikte skulpies.
Dan sal ek dit mooi rangskik – en Liewe Jesus sal smile.

om iets te vang

ek sit nou en wonder.
as mens baie vis vang is dit ‘n vangs….”geluk met jou vangs” sal mens se….
as jy gaan jag in die bos, hoe se mens dan…”baie geluk met jou jags?:”" of “skiets” ……..ek soek hulp met hierdie een

woordeloos

wat praat mens se mond as jou kop ‘n ander taal praat en jou hart nog ‘n ander aksent bysit?.
is dit dan wanneer mens confused raak?

Older entries »