Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

by die haberdashery

Naby Hartswater woon my Tannie-hulle. Diep in die sewentigs, maar nog heel aan die gang met daaglikse dinge.

Dis so mooi dat hulle mekaar nog ‘Pappa en Mamma”noem.

“Pappa, wil jy ‘n koppie tee he?”

“Dankie Mamma”

“Pappa, die kos is reg”

“Dankie Mamma”

Altyd ‘n ge-Pappa en Mamma. Praat altyd mooi suiwer Afrikaans. En wanneer ‘n engelse woordjie per ongeluk uitglip, raak Pappa iesiegrimmig.

My tannie is besig met breiwerk en die oom stop sy pyp. Gekruisde bene en vooroor gebuig as hy die vierietjies so naber bring om die pyp brand te maak.

“Mamma, hoe ver is die trui nou al?” vra my oom

“nie te ver nie. Nog een mouspant, dan kan ek maar aanmekaar begin werk”

My oom knip net sy kop.

My Tannie kan brei sonder om op die naalde te kyk. Sy gluur altyd so in die verte. Ek weet nooit wat sy sien nie. Danlk die volgende steek…..wie weet.

So af in die straat is die Haberdashery. Dis by die winkel waar daar nie ‘n til is nie en al die pryse en klein gelde word nog so op ‘n stukkie papier uitgewerk. Net garings en off cuts wat die wêreld vol lê. Die plek behoort aan ‘n ou Duitse vrou wat so oor haar brilraam loer.

By die my tannie-hulle se huis is toe ‘n groot gedruis.

My oë rek so groot soos haar papier doilies, want toe ek hoor waaroor die bohaai gaan, skrik ek myself terug Kaap toe.

“Ek het nou ‘n steek laat val, Pappa!” skree my Tannie.

Ek skrik myself grootoog.

“Waar het jy jou steek laat val, Mamma?”

“Pappa, ek het ‘n steek verloor. Nou moet ek lostrek en van voor af begin”

“Dalk het jy die steek langs die kooi laat val, Mamma”

Ek wil huil. Ek het nie geweet ou mense doen nog DIT nie.

“Laat ek gou haberdashery toe gaan. Dalk kan die ou Duitse vrou my help” dink my tannie ‘n plan uit.

“Mamma, ek het al honderd keer vir jou gesê dat die nie ‘haberdashery’is nie, maar naaldwerkwinkel of naaiwinkel” sê my oom vies.

Ek skrik so groot dat ek sommer in die pad begin afhardloop na my vriendin, Breggie, toe.

“Nou ja toe, Pappa, laat ek maar my verlore steek by die naaiwinkel loop soek. Ek sal seker goeie raad kry”

“Moet net nie te lank wees nie Mamma, ons drink mos altyd tee om vier uur”

“Dis reg, Pappa, ek gaan net raad kry vir my verlore steek.”

Stanley Cierenberg©

1 Kommentaar »

  wilma wrote @

Ek like die storie van die naaiwinkel. Die ou Duitse tannie het seker ‘n potlood agter haar oor gehad!!


Your comment

HTML-Tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>