Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEArchive for September, 2009
BILLY
jy het in my siel kom connect, want jy het my pa se dood so mooi vir my kom vertel. Jy is nou die groot koning van die familie. dankie dat jy my familie is.
geluk met jou donnerse verjaarsdag
hoe gebeur dit, weet ek nie en dit maak ook nie nou meer saak nie.
maar die groot vraag bly hang?.
my biologiese pa is dood en ek het nooit vir hom gesé geluk met pa se verjaarsdag nie, want ek het hom nie geken nie. maar vandag moet ek my stiefpa geluk wens…dit, terwyl ek my pa se verjaarsdag datum op sy doodsertifikaat moet lees….hoe maak dit fokken sin?
vals
kan enige iemand my help met die verklaring van hierdie voord VALS……
ek het nie ‘n HAT by my nie. ek word nou al vir ‘n week daarvan beskuldig,
HELP MENSE.
onsmaaklike (vreemde) gedrag
ek wonder……….
hoekom sal mense iets vir jou bring, en vir jou sé dat jy dit alles kan gebruik, en dit vir jou kom aflaai (SONDER DAT EK DAARVOOR GEVRA HET)….MAAR na ‘n rukkie, nadat hulle besluit het om upset te raak, my te bel en vir my sé om die ‘goete’ terug te bring, en ek dra dit met die stofpad af terug…..tafels, stoele etc.?…….is dit normaal, of verbeel ek my maar net?
kraan
dan klim daar ‘n kraan in my kop.
en die suiwerste, skoon, heiligiste water loop in my kop in en gaan lé en my harsings en sluip so stil stil na my siel toe. en die kraan word nooit weer toegdraai nie….want ek hou dit oop.
om te skud
soms moet ‘n wind sterk waai om ou stof weg te waai…en om weer nuut te word.
ek maak nie moeilikheid nie, skinder nie maar skud net mense wakker, soos die wind……om plek te maak
BLOM EN DIE KOBRA
in my agtertuin staan ‘n bos pronkertjies.
skone pienk en wit. ruik soos ouma se parfuum, sommer so in die verbystap buk ek af om te ruik en om te sé “dankie vir die lekker reuk voor my deur”..toe ek afbuk, my kop in die bos druk, pik die kobra my in my gesig. ek het ingekom, my laaste brief geskryf en die gif in my bloed voel loop, tot ek dood is.
skreeu van die dak af
vat al jou probleme en hartseer en gaan staan op jou huis se se dak. kyk ver, oor al die bome, ander huise se dakke, perskebome, pepper bome, doringbome en poppelier bome. Klim dan af en gaan begrawe jou pyn iewers in ‘n muur. grou die muur oop, druk die pyn en seer daarin en bou dit toe. eendag, dalk net eendag breek iemand die huis af en bly net die geraamte oor. dis al.
vriende
en sowaar, ja sowaar vandag kom val daardie blink sterre, uit die hemel, op my neer. en hulle vryf my siel blink en ek voel weer lewe in my bloed inkruip, sommer so druppel vir druppel, maar tog is ek bang, die groot bang van verloor……vir bakkies en sting
net ‘n gebed, sonder woorde