Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Augustus, 2009

klavier

ek het vandag vir my ‘n klavier gekoop,
sommer sonder klawers, (swart of wit)
Maar tog sing ek die mooiste liedjie,
want die mense sing saam met my.

hoeveel steke vir my wond

jy het na my wond gekyk

en die wond met steke toegewer, vir gesond word.

waar gaan ek hierdie woorde haal?

met tye wonder ek of daar nie net iemand iewers is wat my kan vashou, regop-hou en vir my kan vertel dat alles ok is. al is daar die grootste storm wat op die horison nader rol, nogsteeds my kan vashou en vir my fluister dat alles ok is…..”Ja, ek is hier. rus nou maar net”……waar gaan ek daardie woorde haal?

langs my eie tafel

ek wonder soms of ek langs my eie hartseer kan sit, by ‘n mooi-gedekte tafel, en koffie drink?….sal my eie hartseer saampraat.

om Liewe Jesus te laat smile

Pluk vir my ‘n hand vol pou-vere
Tel vir my ‘n streepsak vol klippies op
Maak vir my ‘n kardoes vol met son-gebleikte skulpies.
Dan sal ek dit mooi rangskik – en Liewe Jesus sal smile.

om iets te vang

ek sit nou en wonder.
as mens baie vis vang is dit ‘n vangs….”geluk met jou vangs” sal mens se….
as jy gaan jag in die bos, hoe se mens dan…”baie geluk met jou jags?:”" of “skiets” ……..ek soek hulp met hierdie een

woordeloos

wat praat mens se mond as jou kop ‘n ander taal praat en jou hart nog ‘n ander aksent bysit?.
is dit dan wanneer mens confused raak?