Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Julie, 2009

85 Juie

die wind waai sowaar van ‘n ander rigting af. sommer die datum is verkeerd gewaai. maak net stof ….HOU OP

asem haal

dan wonder ek hoekom kruip ek agter my eie asemhaling weg?
en dan vra ek hoekom jaag jou asem my heeltyd weg?

geheim

my grootste geheim le tuseen wat ek weet en wat ek wens….
daar gaan jy my geheim kry

sit-sitter-sitste

“kom sit hier langs my” het jy gevra.
“baie dankie”sou ek sé
maar toe ek die stoel nader trek om te gaan sit, sien ek daar is geen bodem nie….
“waar moet ek sit?”
“Hier langs my…..
“maar die stoel het nie ‘n bodem nie” het jy gesé
“Nee, sit op my skoot, sodat ek vir jou ‘n storie kan vertel.”
en jy het opgekyk, jou hande om jou skoot geklop-klop en ek het geweet dit gaan die sitste van alle sit wees.

klop

toe ek aan die groot, wit deur geklop het, het niemand gevra “wie is daar?” nie, maar die deur het oopgegaan en in die huis het ‘n groot tafel vol kos vir my gewag. en ek is ingenooi….en ek het kos gekry en my siel was gevul.