Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEArchive for Junie, 2009
al dansend op islands in the stream
en toe, sommer so onverwags, kom Kris Jantjies hier by die pampier huis aan, en ons dans sommer so in die sitkamer op islands in the stream…nogal van dolly parton. amazing oomblik van geluk
vir Billy
en toe skoppelmaai ek op die rug van die melkweg, en pluk nog pouveer vir die wonderlikste mens…..dankie billy
song vir pa
Malutieberg, Drankensberg, Swartberg.
Maar die grootste berg bly Cierenberg
En nou het die laaste tarentaal-veer uitgeval
En gefladder na wie weet waar.
Maar, soveel ongepraate sinne en woorde
Maar die lang-tyd se rympie – Jesus maak my hartjie rein-
Bly draai en draai in my kop soos ‘n ou refrain.
Ek het die liedjie begin sing, sommer met optel-woorde
Maar toe kom pa en die afskeur-kiekie
bly hang teen die muur net ‘n bietjie
teen die muur net ‘n bietjie, net ‘n bietjie langer.
En snags as ek sterre pluk, droom ek oor wat ek nie gehad het
En bedags as die wind deur my waai, koggel die leempte my.
Maar ons woorde sal altyd daar bly
“vieriekies, kadoef en polliewitvoet” dis sal vir ewig bly.
Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop
het nie saak gemaak, en sal nie saak maak
want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur
het die mooiste prentjie gemaak.
Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop
het nie saak gemaak, en sal nie saak maak
want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur
het die mooiste prentjie gemaak.
Huis, Paleis, Pondok varkhok
Slangetjies en leertjies met ‘n dobbelsteen
Met ‘n pot vol boontjie sop, bou ek kastele met stukkende stene.
die fladderende foto
en toe die deel van die foto afgesny is, en na benede vladder, wonder ek waar ek beland het……….
my rasper
daar het iewers ‘n rasper in my lewe ingeklim.
die rasper het begin rasper waar dit werklik saakmaak.
seker seer gedurende die proses, maar na die tyd maak die gerasperde
kaas die lekkerste lasagna……net so.
kruppel-stap
dis vanaand ‘n kruppel stap agter uit terug in my gewese kronkelpad totdat die pad vorentoe weer regtuit geword het….reguit tot waar ek nou weer is.
straatnaam (2)
….maar toe ek van die grond af opkyk, sien ek die mooiste wit naambord, met die mooiste letters daarop gegrafeer, toe weet ek dat ek wel ‘n naam het. My naam is nie op die grond geskryf nie, maar in die lug gegrafeer, in sierskrif nogal.
straatnaam
dis soos om lank voor ‘n sypaadjie te staan en te kyk of jy ‘n straatnaam kan kry. dan sien jy iets op die stukkende sement staan, maar jy kan dit nie lees nie, want dis jare se aftrap en verweer wat die naam weggevat het. Het ek nog ‘n naam?



