Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Maart, 2009

Joel 2:25

en Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan die voetanger, die kaalvreter en die afknyper verslind het – my groot leermag wat Ek teen julle gestuur het. Dan sul julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die Here julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

die wind het gewaai

die wind het aan die waai gegaan.
en sommer my doer by hondeklipbaai gaan aflaai

tydens die seisoen

as dit sonnebloem-seisoen is, in die Vrystaat, en die goue-manna gras groei hoog, sal ek ‘n huis bou tussen die geel en heuning eet waar die wilde bye nes maak. sommer net so eenvoudig en maklik

my peetkind

ek het vandag op die huis se dag gesit, gekyk of ek net dalk die see kan sien en aan Udo se verjaarsdag more gedink. my manier om te se geluk met jou verjaarsdag.

lewe

ek dink dat alles wat lewe tog eendag sal doodgaan.

val

laat my toe om te val. laat my toe om te huil, al is dit net vir ‘n rukkie.