Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEArchive for February, 2009
stap in sirkels
in kromhout straat stap ek in ‘n sirkel
en dan stap my gedagtes agterna
en dan kruip my siel in my siel weg.
tuin wat huil
ek het vandag in die groot, bree vensterbank gesit. die houtraam tot bo oopgetrek en na die reen gesit en luister. dit lyk kompleet of die tuin huil. elke voetslag op die houtvloer klink anders, elke kraak het sy eie stem en elke grom het sy eie lag wat uit sy maag kom. dis my huis die. dis myne
vandag
Vandag
En aai aai – aaitog, by watte baai gaan hy my aflaai?
Wind, waarheen waai jy my?
Heel God se dag huil jy – maar waarheen huil jy?
Waai net/ waai en gaan laai my af ‘gooi my af’
Moenie my kul, of belieg – gooi my af tussen die
Geel blomme op Jacobsbaai – net vir ‘n rukkie
Waai my dan aan – gooi my af by Hondeklibaai
Waar my hond sy stert sal swai en ek in die rondte sal draai
(saam met my hond) en ek dan op my rug gaan lê
POEGAAI en ek gaan na jou stem luister wat wwaai, doer vannie kaai
Sing dan net ‘n gewone liedjie
Tross my siel, net so kleine bietjie
Een-een noot en oktaaf op ‘n slag
Vir net een klein rukkie op my rug lê en lag
En om te weet vandag is net my eie dag.
“Baby – die wasgoed hang oppie tou vir jou” roep Geelbek van die skuit se kant
“kom , kom klim Baby, klim op die skuit, ons gaan doer in jacobsbaai fluit”
“hoekom daar?”vra ek
Want Steve sing mos daar, ‘n Pampoen song, Kom”
En ek klim op die skuit en begin solank fluit, sommer pampoen se tune.
Stanley
vee die huis uit
vandag, ja, vandag, het ek die huis met die groot houtvloere begin uitvee. in die vensterbank gaan sit en koffie drink…..en oor die groot tuin uitkyk. en nou weet ek dis my huis,,,,vir altyd
mal
“mal”
b.nw. en bw.
1. Kranksinnig, van sy kop af: Mal word. ‘n Mal mens moet na die malhuis gebring word.
Dit is die betekenis van MAL in die HAT. – vyfde uitgawe.
En dus is ek ver jare deur my familie aan vreemde mense as ‘mal kind’ voorgestel.
Dit is ‘n curse wat op my geplaas is, jare al. en ek breek dit vandag in Jesus se naam…..my dierbare familie, probeer liewer die woord anders, kunstig. Dit sal meer ‘n blessing wees.
