Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for December, 2008

die oop deur

die-oop-deurek het by die oop deur op die strand deurgestap, die see in.  daar is ‘n voetpad uitgepak met klip

Jesus kleed

my Jesus jas is klaar

Ek wag vir ‘n tyd, of plek, om hom te dra…

dan is dit klaar…..

oppad na wie weet waar.

van hier tot wie weet waar

van hier tot wie weet waar

daisies en kruisieshou klom daisies en kruisies gereed.

laventel

laventel in my hoed

ek het op 'n bos laventel afgekom en gepluk en in my hoed gedruk

poskaart vanuit die weskus.

'n poskaart vanuit die weskus.

'n poskaart vanuit die weskus.

ashoop

hoekom sou iemand my op ‘n ashoop wou gaan aflaai het?

barber shop

“Moet ek in die ry sit en wag? “vra ek

“Ja, Boetie, jy moet maar wag” sê die barber oom.

Ek gaan sit op ‘n stoel wat in rye al om die ‘troon’staan.

Die man stap al om die Barber stoel met sy wit jassie aan. Ou oom, met watte in sy ore. Halfpad deur ‘n haarsny, verkoon hy homself en vat ‘n paar trekke aan sy stompie sigaret.

Op die lessenaar voor hom in alles mooi gepak. Netjies, man, alles in ‘n ry volgens orde. Met sulke ‘dwuiwe hokkies’aan die onder kant van die lessenaar waar knippers en skerre gebere word.

“Nou ja. Hierdie cut is guaranteed om jou tot die einde van die jaar te hou” sê die oom vir sy customer.

“Dis amper die einde van die jaar” sê ek. Oom Barber hoor nie. seker die pluisies in die ore.

Op die lessenaar is ‘n Turkish delight blikkie. Bietjie verroes. Ek wonder wat is daarin?

Ou vrybriewe? Elektrisiteit koepons? G’n mens sal weet nie. Ek wil die blikkie oopmaak maar is bang hy slat met my die leer strop.

“Kom sit maar”sê hy vir die volgende customer.

“Die gewone?” vra oom Barber

“Ja”

RSG praat op die draadloos oor praat net Afrikaans en nie engels nie.

Oom Barber druk ‘n stukkie watte agter by die customer se nek in, so tussen die nek en die kraag van die hemp. Keer seker die hare wat gaan pla.

Hy loer oor sy brilletjie en kyk in die spieel voor hom dan weer die groot spieels agter hom. Daar is nie nog tyd vir klein handspieltjie vashou nie. dis alles sommer so teen die muur vasgemoer, met sulke mooi driehoekie hakies wat al roes.

Dan begin Oom Barber knip, sny en kerf. Die ‘n Naerheid hoe jy net hare sien waai en die cunstomer praat nie ‘n woord nie.

Ek bekyk die spul mooi uit. Selfs die ou stoel met die voet-lever wat die stoel op en af laat gaan, is half geroes. Sien, die barber shop is so langs die see.

Oom Barber loer oor sy bril, voorste spieël, agterste spieël dan word daar weer geknip.

Hier word nie veel gepraat nie. Daar is ook net een styl wat gesny word. Moenie inmeng nie. En voordat jy weet, word jou ooghare ook sommer getrim. Sommer net so. Ek skrik en word effens bang.

Oom Barber haal die doek af, knyp die watte uit die nek met twee vingers, dip die watte in sulke geel vloeistof (lyk soos piepie) en vee die nek af. Sonner om te kyk, gooi hy die watte mooi in ‘n asdrom uitgelê met ‘n pick en pay sakkie. Sommer net so. Jare se oefening.

“Nou ja, nou is jou hare kort. Vader krismis sal nou vir jou ‘n persentjie bring.” en oom Barber bekyk sy eenstyl-werk.

Dis nou by beurt. Teen hierdie tyd is ek so bang vir die Oom Barber. Maar ek gaan sit maar. Ek wou nog sê van nie te kort hier of daar nie, toe begin Oom Barber al sy hele storie met watte en goete. Ek besluit om stil te bly.

“Wat is die ding Oom?”en ek wys na ‘n leer beld langs die stoel.

“Dis my leer strop” en hy maak die messie op die ding skerp. Ek skrik my honger weg.

En daar begin die knippery.

“Los maar die ooghare” sê ek sommer vroegtydig.

“Hoe?” vra die oom en buig vorentoe

“Los maar die ooghare Oom”sê ek weer. Die oom vererg vir hom.

Die haarknip is gou gou verby. Alles op nommer een af. Sommer net so.

“hoe lyk dit met ‘n dubbel tot byrum?” vra die Oom

“Nee dankie, ek drink nie.”

“Dis nie olie basis nie. dit verdamp na ‘n rukkie. Dis vir die reuk. Dat hulle darm weet jy was vir ‘n haircut” - (so asof niemand dit nie kan sien nie).

En daar spuit hy sowaar van die roesbruin goed op my kop.

Ek betaal en stap weg. Toe ek omdraai, om net vir die laaste keer na die Barber shop te kyk, sê die Oom: “Ja, jy lyk nou weer soos ‘n laaitie”..

Ek lag, want dit is my 36 ste verjaarsdag gewees.

Dankie oom.

my bekenstelling

dis die eerste keer wat ek my eie dood voorspel.werner-resize3

kos maak (Werner)

Setting:
In ‘n klein, openplan woonstel by die kus.
Single bed dien as bank
Strykplank met nog ‘n plank as tafel tussen die sitkamer en kombuis.

Sebastian lê op sy rug, op die single bed – bank en kyk hoe Stefaans kos maak.
Stefaans is heelwat jonger as Sebastian (en mooier). Baie mooi.

Sebastiaan het in sy kop en in sy siel weggevlieg na ‘n paner plek, maar hou togvir Stefaans fyn dop terwyl hy kos maak. Daar is ‘n sekere ritme in elke beweging van Stefaans.

________________

Tussen my en hom staan die ‘strykplank-tafel’wat maar moet dien as ‘breakfast noekie’.
Ek lê op die ‘bed-rusbank’en hou sy bewegings dop. Vir die eerste keer in my lewe vat iemand my na ‘n plek waar die see ‘n ander blou is en die strand ‘n ander sand is.

Dit lyk asof elke beweging haarfyn beplan was om so presies te wees.
Hy haal die groot pak 2 minute noodles uit, met een of ander Chinese, Japanese, wat ook al geskriffel op die pak.
Kook water.
Gooi die noodles in ‘n measuring jar, dan die kook water.
Druk dit vir ‘n rukkie in die mikrogolf oond.

Dan rek Stefaans homself op sy tone uit om by die boonstel rak uit te kom. Hy haal die tuna blikkie uit en met ‘n outydste tin opener draai hy die blikkie versigtig oop.

Uitendellik is die deksel van die tuna los en net voordat hy die deksel wil afaal en weggooi slurp hy die bietjie olie uit die blikkie uit, met die dekseltjie so styf toegeknyp.
Hy haal die metaal dekseltjie van die tuna af, lek daaraan vir die laaste lekker en gooi dit in die asdrom wat onder die strykplank-tafel staan.

Met die ritme van my eie hart, gooi hy die tuna by die noodles in.
Dan olie, sout, peper en dalk ‘n ekstra bietjie olyf olie. Ek weet nie.

Daar kom so effens van ‘n trek op my mondhoeke toe Stefaans die mayonnaise wou ingooi.
“lyk of jy met die mayonnaise masterbeer”skiet dit deur my gedagtes, want soos ‘n wilde ding ruk en pluk hy aan die mayo bottle. So met die onderste bo bottle in die hand en sy kop skuins gedraai pluk hy aan die bottle totdat die dik, wit ‘vleis’op die tuna en noodle mengsel gaan lê. Amper soos liefdemaak. Amer soos orgasme.

Met sy kop so effens skeef gedraai, passievol, krummel hy feta kaas oor die feesmaal in die measuring mug.
“Die kos is reg.” sê hy met ‘n glimlag.
Met drie vurke eet en ek hy aan die lekkerste feesmaal wat ek nog geeët het.

“Gaan jy my gou verskoon, ek moet die wasgoed gaan haal”en dis toe dat ek weet die ete is verby, want hy wil die strykplank hê.

ladybird

ek sien ‘n ladybird op ‘n klippie sit.
hy bak in die son, met sy vlerke effens oop.
pure rooi met swart kolle

Ongenooide gaste

Ongenooide gaste.

Daar was ‘n tyd toe Breggie na elke glansfunksie genooi was. Altyd soos ‘n mannekyn rondgestap (soos sy altyd gesê het).
Iewers op ‘n wynplaas word ‘n funksie gewhou. Grênd man. Kandelare, kerse, beste wyn en beste mense.
Mooi mense. Blink aandrokke en mans wat regop loop en sigare rook.

Een week later
Ek sit in die kêfie waar hulle Patsy Cline speel en suig ingedagte aan my stoomkoffie. Ja, dis hier waar my kas met elke “storie-laai” oopgetrek word en waar nog stories ingesit word.

“Aai my vriendin, ek is so bly om jou hier raak te loop. Ek is so kwaad en embarrassed.”
En hier staan Breggie
“My vriendin, God sy gedank, dat ek jou hier moes raakloop.”
Breggie is na aan trane en die blou eye shadow neig om stilweg op haar wang te gaan lê. Breggie bewe, sit haar handsak langs haar neer en sak, soos ‘n glansvrou dit doen, op die bank langs my neer. Voetjies mooi bymaar en vryf oortollige kreukels uit haar skirt.

So weet ek hier is ‘n goeie, lekker (maar hartseer) storie oppad.
“Wat is fout my liewe mens?”vra ek en probeer maar hartseer lyk vir haar part. Sy is na aan trane en haar hare is ekstra styf gespuit vandag.
“Jong, Vriendin, word ek mos genooi na hierdie grênd paartie doer buite op ‘n wynplaas. Net die bestes. Ek daag op in my Corsa, parkeer toe maar ver van die BMS’s en dinge af en stap nader. Dis net pilare, druiwe prieel en mooi mense. Ek gaan staan nogal voor ‘n mooi pilaar met Pitulias in ‘n blombak vir ‘n kiekie. Die man wat die paarie host staan nogal saam met my.”

Teen die tyd bewe Breggie so en is nou eers na aan huil.
“Ja my mens, vertel verder. “por ek
“Nee, toe ons mos nou by die deure moes instap, sê die mooi man se vrou dat ek nie op die gastelys is nie.”
“NEE” kletter ek
“Ja, net so. ‘jy is nie op die gastelys nie’ – “
Ek gryp na my pêrels om my nek en se daardie vieslike woord embarrassed.

“Maar ek is op die lys, kyk hier is my kaartjie.” Kekkel Breggie voort.
“Jirre mens, en ek het nie eens my bril om die kaartjie te soek nie.”
Ek hou nog my pêrels vas.

“Daar voor al die grênd mense moes ek omdraai en terugstap na my ou Corsatjie toe. Gelukkig het ek ver parkeer. Maar om weer by die hekke uit te ry, moes ek voor die gebou verby ry waar al die grênd mense sit. Ek besluit toe maar om die wingerdpad te vat. Deur gate en dale met daardie klein karretjie van my, maar ek ry. Dis donker, my bril is weg en ek ry deur hierdie wingerdpad.”

“het jy kar iets oorgekom Breggie?”wil ek weet.
“Mens, ek het nog nie eers gekyk nie.”

“Maar ieder geval, is ek toe by die wingerdpaaie uit oppad huistoe. Ek was nog nooit so verneder nie.”
“Mmm, ek verstaan vriendin” sê ek en my lag sit in my gorrel vas.

“Die volgende oggend kry ek my bril sowaar op my sideboard. My man het dit opgetel. Maar die bril is so plat. Ek het oor hom gery….maar weet jy Kindjie, gister vra die vrou van die funksie mos vir my om verskoning. Ly glo aan Bipolêr”.

“wat kan jy maak Breggie. Dis ‘n siekte”

Ek hou toe Breggie se hand vas en ons lag. Sommer vir die plat bril, en met tong in die kies vir die Biplêre vrou.

why?

dont ask my why?dont ask me why?

iets kort

ewe skielik voel dit asof daar iets kort in my bord.

en ek wonder en gaan soek wat dit is?

waar kry ek dit toe?

by drie anker baai

klippe

dis toe ek ‘n klippie onder my tong gesit het

om die dors weg te vat

want die water is weggevat.