Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEArchive for September, 2008
uitsorteer en weggegooi
Laat oggende het Ouma altyd by die kombuis tafel gaan sit.
Sy het die stoel stadig uitgetrek en so skuif-skuif haar voete onder die tafel ingeskuif. Dit was oos ‘n ritme.
Sy het sorgvuldig die tafel afgevee, knyp hier en daar vir iets (wie weet wat) wat nog op die tafel agter gebly het en dan die groot, glas bottle met die dun nek op die tafel omgekeer. Nie met een slag nie, maar so ruk ruk, skud skud. Asof sy iets tel.
Dalk het sy.
Dan het sy haar handpalm plat gemaak, en so oor die tafel en die korrels gevryf.
Lelike korrels is eenkant gesit, met ‘n knyp van die vinger en en trek van die mond. So asof sy wil sê:
“jy moet uit, my moet bly…..vooraf klaar besluit”
dan het sy die lelikes in die asblik gegooi (nie eens vir hoenders nie) en die mooies gaar gemaak.
En dis soos ek gevoel het.
Soos ‘n fokken ryskorrel wat in die asdrom beland het.
Stanley Cierenberg©
SKOENRIEM
Skoenriem.
Ek het op my knieë gegaan
om jou skoenriem vas te maak –
jy het jou voet weggetrek
opgestaan en
weggegaan
kronkel-traan
dis ‘n kronkeltraan-verlang
en iewers op ‘n draadloos
speel
‘n toemaar-liedjie, vanaand.

