Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Augustus, 2008

kobie en kowie

Op ‘n klein dorpie, in Main rd, werk twee susters. Kowie by die haberdashery en Kotie by die klein kêfie net langs Kowie.
Die twee susters was letterlike en figuurlik baie naby aan mekaar, woon in dieselfde huis en doen saam inkopies.
Kowie wou graag modeontwerp gaan leer en Kotie wou hotelskool toe, maar nie een van hulle se drome het waar geword nie. Hulle het toe maar op eie houtjie deurgedruk.

Kowie sit bedags in haar haberdashery, luister RSG en brei plein en pearl – plein en pearl – plein en pearl.
Kotie maak toebroodjies, bak vis in ou olie en eier beslag en proe heeldag aan ‘n stukkie kos. Peusel, peusel.

Die haberdashery is heel goed versier. Die een kant is die hout-garetolletjies en die ander kant die plastiek tolletjies. Kleure mooi uitgepak soos die reënboog. Te kleurvol.
Die een kant van die muur is die off-cuts material en die ander kant rolle en rolle nagemaakte satyn, krimpilien, organza (wat natuurlik Kowie se gunstelling is) en linne. “Mense koop heelwat linne” verduidelik Kowie aan Kotie.
“Mense eet darm vreeslik in die plek” praat Kotie
“Maar ek moan nie, suster. Geld is geld.” Klets kotie voort.

Kowie is maar altyd die mooier suster. Hare altyd mooi gedoen, soms is die ‘frinch” extra gedruk en gespuit. Altyd seikose aan, deur winter en somer. Te veel eye-shadow, maar sy het altyd gesê dit aksentueer die kleur van haar oë. Sy het ‘n goeie uitspraak gehad en het altyd met haar hande saam gepraat. Suiwer arikaans.

Aan die ander kant was Kotie maar effens lomp, meng haar taal en olierige hare wat sy altyd in ‘n bananaklip vasgemaak het.
“Jy moet let op jou voorkoms” raas Kowie
“dis van olie werk heeldag, Kowie. Jy sit net daar tussen organza en spelde en mooi lyk. Ek werk met my hande”
“dis nie ‘n verskoning nie. kry ‘n doekie vir jou kop. Kyk hierdie mooi material vir ‘n doekie” en Kowie vryf met pienk naels oor die stuk lap.

Af in die straat woon die Aggenbachs. Goeie mense, die man kan nie mooi hoor nie en die vrou baie danig met naaldwerk.
“Moenie so vir my skree nie, ek het my foontjies aan” kerm die man altyd as die antie so hard praat.
“Ek praat hard net vir in case”
“Gaan tog daar by Kowie aan en gaan kry vir my ‘n stukkie materiaal en ‘n nommer twee naald.” Vra die antie so bietjie sagter. Die oom het maar knorrig geraak as die antie onnodig hard praat.

Heelwat later kom die oompie by die huis aan met die inkopies.
“Ag nee. Ek het jou geseê ek soek materiaal en naald.” Huil die antie.
En tussen die trane deur vat sy die oom om die nek en sê: “My ou dier, darm het ons nou Makriel en two minute noodles vir aandete.”

poskaart

prenjtie poskaart bestaan
niemand kan steel wat i n my kop aangaan.

piet my vrou

ek is ‘n piet-my-vrou wat my liedjie verloor het.
Nou sing ek ‘n ander liedjie.
‘dis mooi’ hoor ek iemand sé

timmerman

Krause snoei die kappertjies
Die huis ruik na kappertjie
En snags ruik die huis na jasmyn.
En ek wonder waar is timmerman?

Ek dink aan my vloer-kooi
En ek wonder hoekom is my oë rooi
Ek ruik sout en wier
En ek wonder waar is timmerman?

En nou is ek so bang vir alleen wees.

Kappertjies

Kappertjies

Harmelia

Harmelia werk by die prokureers firma op die hoek. Haar vriendin by die klerewinkel oor die pad. Hulle moes seker ‘lippe taal’geleer het, want hulle kommunikeer met mekaar so oor die pad en soms deur die klein kantoorvenstertjie ook. G’n mens weet hoe hulle dit doen nie. Daar was maar baie bespiegelinge oor die lippetaal.
Maar flukse werker, die Harmelia. Tik 50 woorde per minuut op die ou tikmasjien wat jy nog so met die een hand moet terugstoot om die volgende lyn te tik.
Dis nou die dae voor fonkpos, selfoon en ‘die dinge van die duiwel’soos Harmelia dit vandag sou noem.
“Ek het die wonderlikste man ontmoet” praat Harmelia met die Klere vrou oor die pad deur die venster.
“Haai, Harmelia, ek is bly vir jou. Jou dogtertjie het ‘n pa nodig.”praat die vrou terug vanaf oor die straat.
Harmelia tik nog twee of drie lyne, storie tyd op springbok radio begin en die gesprek gaan voort.
“Hy is heelwat ouer as ek. My familie keur dit nie goed nie” sê Harmelia met haar lippetaal en skuif effens regs op die stoeltjie.
“Moenie jou aan die familie steur nie. Solank jy gelukkig is, vriendin.” Sê die klerevrou en help ‘n klieët wat ‘n toppie wil koop.
“Ja ek weet, maar hy is so bedagsaam. Rook nie, drink nie en praat nie vuil nie.” gaan Harmelia voort en die Klerevrou gee die toppie vir die klieënt. Harmelia tik nog ‘n sin of twee.
“Jy weet, ek is ook bang vir die troue. Wie nooi ons en wie nie. Ons het nie baie geld nie en troues is duur. Die RSVP lys staan al op 60 mense, familie uitgesluit” lippetaal Harmelia.
“Dis niks. Jy weet met my troue was die RSVP lys maar 80 mense en net die dag voor die troue bel Sannie se Jannie en Pietie se Kosie en die gespuis wil kom bruilof hou. Ek my my ma moes behoorlik bontstaan. “gaan klerevrou aan.
“Praat stadiger. Ek volg jou nie” sê Harmelia.
“Sorry. O, het jy weer daardie mooi blink borsspeld aan. Die een van die vrou wat balet?” vra Klerevrou.
“Ja, hy blink mooi in die son, ne?”
“baie mooi” sê Klerevrou
“so, wat gaan jy nou doen met die troue en die RSVP lys?”
“Wat kan ek doen. Ek moet trou. My dogtertjie het discipline en ‘n pa nodig en ek kan nie weduwee op 28 wees nie.”
“nou trou, Harmelia. Moenie jou steur aan mense nie. trou net en kry klaar” lippetaal die klerevrou.
“Ek steur my nie aan wat die mense sê nie. Ek is maar net bang dat hy my dogtertjie gaan tug soos wat my pa my getug het” huil Harmelia.
“Harmelia, hoe ver is jy getik aan daardie egskeiding dokument?” vra die prokureer by die deur en Harmelia wip soos sy skrik en daar is sy ook sommer stom. Sy trek die blinds toe en Klerevrou vou haar hande voor haar borste oormekaar.

opsoek na ingrid

opsoek na ingrid

opsoek na ingrid

deur vergeelde ou blaaie het ek gesoek na ingrid jonker se graf nommer. ek het dit nie gekry nie en deur al die grafte teruggestap.

die vrou met die lipstick

Die vrou met die pienk lipstick en oranje jas wou maar altyd deel wees van ‘n vriendekring. Maar daar was altyd iets wat haar teruggehou het.

 

So sit ek en die pienk vrou en klets op ‘n trap in die son.

‘weet jy?’begin sy.

“ja. Vertel.”sê ek gretig, want daar is altyd ‘n storie aan die gebeur.

Sy grou in haar handsak opsoek na iets. Die frustrasie lê diep in haar oë.

“wat soek jy?” wil ek weet.

“ons trouportret”sê die vrou.

“wie s’n?”wil ek weet.  

“ek wil selfmoord pleeg” sê ek.

“haai my liewe kind. Hoe dan nou so?” en sy hou op met grou in die handsak. 

“ek wil ook in die see in loop en nooit weer uitkom nie” huil ek

“nee my kind, dis te koud. Moenie dit doen nie.”

“dan wil ek my kop in ‘n oond druk”

“wag, hier is die trouportret van my en knormoer. Ek het mos die mooiste hemp met sulke klein ronde knopies gekoop vir die troue. Hy het gemoun dat die knope nie wou vas nie en so vat hy toe ‘n mes en sny die knoopsgaatjies groter.  Toe hy in die son gaan staan, sien ek dat hy ‘n navy broek aan het en nie swart nie. dit was ‘n gestry.”

Ek kan sien die pienk vrou raak harseer.

“daar word toe ‘n kind uit die huwelik gebore.”sê sy.  Ek kom agter dat sy ‘n hele stuk van die troue nie vertel  nie en ook nie die wittebrood nie.

“die kind is toe maar ietwat stadig in die verstand.  En toe die kind groter word, dra hy mos skoene wat heeltemal te groot is vir hom.  Het jy al agter gekom dat kinders wat leerprobleme met baie groot skoene dra?”en ek verstaan glad nie waarheen hierdie gesprek gaan nie.

“nee”sê ek.

”jy weet, Kindjie, so kyk Knormoer, op ons wittebrood, vir ‘n ander vrou wat ons van g’n gatsadamsekant ken nie. dis daar wat ek moes besef hier kom kak”

ek is verbaas dat die vrou vloek.

“Haai kindjie, van daar aan af was dit moeilikheid. Ek het hom mos in die plaaslike hotel gaan uithaal, nie net een aan nie. met my boeppens het ek by elke venster uitgehang en na Knormoer gesoek.  Dis hoekom die kind vandag oorgroot skoene dra.”

Alles is deurmekaar vir my. Ek verstaan nie van die troue, die kind met die groot skoene nie.

“dis ‘n mooi trouportret”is al wat by my keel uitkom.

“ja, Kindjie, hy was ‘n aantreklike man.” Sê die vrou met ‘n ver kyk in haar oë. Ek kan sien sy verlang na daardie tyd.   

“haai ja, vrou,”sê ek. “kyk hy het tog ook skoene aan wat heeltemal te groot is vir hom”

die vrou kyk, loer, kyk na my en bars in trane uit.     

“ek moes dit geweet het.  Ek moes” en teen die tyd huil die vrou kliphard.

Tros se troue.

So is ek oppad kaap toe.  By Colesberg verby onthou ek dat ek heeltemal vergeet het om skoene in te pak.  Ek het net die plakkies wat ek aanhet.

My keel trek toe en ek bekommer myself dood oor die troue langs die lokasie, want waar gaan ek skoene vandaan kry?

 

So kom ek toe in die Kaap aan, sonder skoene en ‘n hart vol van vreugde, want ek gaan bruilof hou.

Die bruidspaar het die mooiste plek laat bou vir die troue, kompleet met siersteen, leiklip en ‘n druiwe prieël wat al lankal geplant is, want met die troudag moet daardie prieël die grootste druiwe trosse en korrels dra. Dis dan wanneer die bruid en gom deur die prieël gaan loop en mekaar die regterhand gee.

 

Alles is mooi man. Alles is plek. Troue van die jaar. “Voorblad gehalte” het Ma gesê.

 

Die prieël het toe die grooste trosse druiwe gemaak, met korrels so groot soos golfballe. Alles in plek. Selfs die Boulevard Baarmoeders is gereël en gereed met hulle trekklavier, engelse konsertina en sangeres.

 

Daardie aand voor die troue, breek daar toe ‘n swart ryp uit en al wat druiwe tros is verlep. Die trosse wat eens so groot was soos ‘n sokkerbal en korrels so groot soos golfballe, is nou net verlepte klein behangsels.

 

Daardie oggend met die troue, toe die bruid voor die geboutjie stilhou en haar voete met die fyn ou skoentjies by die troukar uitsit, gaan sy aan die huil.

 

‘’die trosse is weg” huil sy

“toemaar my kind” troos ma.

 

Die bruid, wat natuurlik nog ‘n maagd is, hardloop die vlakte in, met fyn skoene en trourok.

“my Tros is nou verlep. My  Tros is verlep” huil sy kliphard

“hy is nog net so groot”skree Tros agterna en hardloop met sy blinkgepoetse skoene oor die klippe.

 

So tussen die gehuil, skree en hardloop lig ‘n foxterier sy been teen die stam van die prieël en die trosse gaan oop.  Die korrels word weer so groot soos golfballe en die trosse soos sokker balle.

 

“Die trosse swel weer”skree Ma agterna

En net daar steek die Bruid in haar spore vas, Tros gryp na sy snor.

 

“my Tros. My liewe Tros” huil die Bruid en hardloop in Tros se arms.

“Daar is niks fout met Tros nie.  Kom ons trou nou” sê Tros en die troumars begin speel en tussen die trootste druiwe trosse en korrels is twee mense vir ewig bymekaar en dolgelukkig.

 

soms piss mense mekaar af om net weer gelukkig te wees.

 

vir my bok(K)

jy het weereens jou hande bak gehou

en vir my gese dat ek mag water kry (toe ek op die dorsste van my lewe was)

en ek het daaruit gedrink.

ewig dankbaar daarvoor. dis hoekom ek elke stappie wat ek van nou af gaan vat, elke asem teug, elke gedagte wat ek maak, gaan ek sorg dat jy deel daarvan is. ek is lief vir jou…..vir K

’sien jou oor 2 weke’

dolfyn en jasmyn

ek is hartseer as die dolfyn en jasmyn by die venster uitgewaai het

wolke

Ek soek jou gesig in elke wolk©

-         kumulis

-         kumunolumbus

 

vandag-nag-donker

-         lig aansit

-         lig afsit

-         donker

 

vandag

die son het uiteindellik uitgekom om

deur my venster liggies op my gesig

te streel

om sy strale op my ooglede te lê

en saggies te fluister ‘jy moet opstaan.  Is jy lus vir koffie?’ lag lag

die verste wat ek nog weggehardloop het was

tot by die pienk-ligblou van die horison

toe kom ek agter dat die horison aan die aarde raak

ek het tot onder die reënboog probeer weghardloop

op korreltjies goud op te tel,

maar

hoe nader ek aan die reënboog probeer kom, hoe verder

hardloop hy weg – ek het nooit korreltjies goud opgetel nie

dit alles hamer aan my hart

alleen het ek gesit en kleure tel, die tel het opgeraak

alleen het ek die dink in my probeer losmaak – maar

die dink wou vas bly

hoeveel myl moet ek nog loop

ek het agter gekom dat ‘n ander woord vir vry wees is: date k niks meer he tom te verloor nie, almal het altyd iets wat hulle kan verloor – almal is te bang om daardie iets te verloor – maar vir sommige is dit makliker om daardie iets te verloor as vir ander.