Stanley Cierenberg
ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWEArchive for Augustus, 2008
piet my vrou
ek is ‘n piet-my-vrou wat my liedjie verloor het.
Nou sing ek ‘n ander liedjie.
‘dis mooi’ hoor ek iemand sé
timmerman
Krause snoei die kappertjies
Die huis ruik na kappertjie
En snags ruik die huis na jasmyn.
En ek wonder waar is timmerman?
Ek dink aan my vloer-kooi
En ek wonder hoekom is my oë rooi
Ek ruik sout en wier
En ek wonder waar is timmerman?
En nou is ek so bang vir alleen wees.

Kappertjies
vir my bok(K)
jy het weereens jou hande bak gehou
en vir my gese dat ek mag water kry (toe ek op die dorsste van my lewe was)
en ek het daaruit gedrink.
ewig dankbaar daarvoor. dis hoekom ek elke stappie wat ek van nou af gaan vat, elke asem teug, elke gedagte wat ek maak, gaan ek sorg dat jy deel daarvan is. ek is lief vir jou…..vir K
’sien jou oor 2 weke’
wolke
Ek soek jou gesig in elke wolk©
- kumulis
- kumunolumbus
vandag-nag-donker
- lig aansit
- lig afsit
- donker
vandag
die son het uiteindellik uitgekom om
deur my venster liggies op my gesig
te streel
om sy strale op my ooglede te lê
en saggies te fluister ‘jy moet opstaan. Is jy lus vir koffie?’ lag lag
die verste wat ek nog weggehardloop het was
tot by die pienk-ligblou van die horison
toe kom ek agter dat die horison aan die aarde raak
ek het tot onder die reënboog probeer weghardloop
op korreltjies goud op te tel,
maar
hoe nader ek aan die reënboog probeer kom, hoe verder
hardloop hy weg – ek het nooit korreltjies goud opgetel nie
dit alles hamer aan my hart
alleen het ek gesit en kleure tel, die tel het opgeraak
alleen het ek die dink in my probeer losmaak – maar
die dink wou vas bly
hoeveel myl moet ek nog loop
ek het agter gekom dat ‘n ander woord vir vry wees is: date k niks meer he tom te verloor nie, almal het altyd iets wat hulle kan verloor – almal is te bang om daardie iets te verloor – maar vir sommige is dit makliker om daardie iets te verloor as vir ander.


