Stanley Cierenberg

ek vertel maar net my storie, in eenvoudige taal STAP SAAM DEUR MY LEWE

Archive for Julie, 2008

verjaarsdag-kaartjie

Vandag©

Baie geluk met jou verjaarsdag

Vir lank het ek gesit en dink wat ek jou kan bied

(vir jou verjaarsdag)

 

woorde…..

onder ‘n lamppaal sien ek jou staan.  Die lig val perfek-eties op jou – so asof jy die lig is wat skyn…miskien tog. Vir lank staan en kyk ek na jou lig-liggaam

sonder om te beweeg – sonder om te weet – sonder om hard asem te haal.  Vir ‘[n oomblik tree ek baie versigtig nader – en toe val daar ‘n waterdruppel in my gesig – ek kyk op – sien geen wolke of reën .  wereens beweeg ek nader – ‘n druppel val weer op my

toe ek weer na die lamppaal kyk, is jy weg. Net so ewe-skielik

ek’s baie hartseer – ek huil.

Ek loop nader na die lamppaal om onder die lig te gaan staan. Die water val op my. Ek’s heeltemal nat toe ek onder die lamppaal is en die lig vale ties – perfek op my – sien ek jou deur ‘n waterdruppel loer.  Jy glimlag en jou glimlaag maak ‘n pragtige 7 kleur reënboog in die druppel.  Ek reik uit na die watedruppel en toe ek aan die waterdrupel raak, akplaks – val ek in ‘n druppel.  Ons is twee watedruppels. As mens twee waterdruppel baie versigtig met jou vingers nader aan mekaar bring, word hulle een groot druppel.

As jy eendag deur ‘n waterdruppel kyk – met die lig wat daarop val, sien mens jou glimlag.

Jy is asem wanneer ek moeg wil raak.

 

VANDAG

VANDAG©

een van my eerste werke………….baie lank terug

voetjie, voetjie…diep getrape voetspore

langs die wit-skuim-see-golwe

sjoep, speol ‘n wit skuimende brander’

ons spoortjies weg en los sy eie sirkels

op die sand – met nat druppels wat aan son

enkels en tussen ons tone vassit

 

Krappie krappie, loer met kraalogies uit sy gaatjie

versigtig met ‘n handie-vol sand

skuins-skuins trippel hy – gooi die sand weg en

verdwyn met kraalogies en al in die sand

 

blaas blaas deur ons hare, by ons verby

waai die wind

waarheen waai so wind dan heen?  Selfs die wind

druk sy duisendpoot-voetspoor-merk op die sand.

Alles net op die wit sand.

vriende vind mekaar al is dit in Quebec

vriende

vriende

ek het hierdie painting gemaak, want vriende loop mekaar altyd weer raak, al was dit in quebeck

blou

blou

wit

blou

blou

wit

lig blou

wit

karoo blou

blou

wit

not wil

en

nog

blou

stil

nou

stil

niks

niks

proppe opdraai

ek onthou…………

hy kon nooit ‘n prop of deksel opsit nie. alles het altyd uitgeval, tot die klere in sy kas kon nie daar bly nie

hou nie van nommers nie

hy hou nie van nommers nie

nie van syfers nie

nie van somme nie

plus of minus maak nie saak.

deel en maal maak hom mal

dis nou net stilte©

mostertsaad

vandag

by die NG basaar het dit alles gebeur. Die gegil, skree en baljaar. Maar by my stalletjie het dit alles verkeerd geloop.  Sommige mense was bly, sommige mense was naar, maar wat gebeur het, het my die nuwe pad laat stap.

Op die een hoek van my geelhout tafel het my houertjie met die mostertsaadjies gestaan (net as simbool dat dit die kleinste saadjie is wat ‘n groot boom maak)

ek het steakrolls gemaak, een na die ander, maar niemand wou koop nie. ek kon nie verstaan wat aangaan.

ek het na die mostertsaadjie gekyk, geglimlag met die een kant van my mond, gehuil en toe gegil. dis toe dat ek die houertjie met die saadjie oopmaak en die mostertsaadjie sommer so in een van die pattys gooi.

daar ontplof die saadjie toe en word die soetse lemoen in die pan. ek proe, en dis baie soet.

ek gooi nog ‘n saadjie in die pan, en woeps, daar is ‘n appel, nartjie, piesang. sommer ‘n hele vrugteslaai.

toe ek die laaste traan uit my oe vee, sien ek dat die NG basaar se lede hulle stoele nader gebring het, na die show gekyk het en hande geklap.

tot vandag toe nog gee my mostertsaadjie vir my die soetste lemoene. ©

gee terug wat ek gevat het

Al die skulpe wat in my woonstel was, (ek het die see in my huis gebrink en genooi) moes ek gaan terugsit het in die see……dit was my ritueel. Dit was my moment met die see. Dit was my oomblik meet myself. Dit was my oomblik met terugggee…..ek het lank gewonder hoe ek dit gaan doen. Maar ek het gestap, en die skulpe gaan terugsit. En omverskoning gevra vir die see dat ek dit gevat het. Die see het my vergewe, maar het van die begin af nie omgegee nie. ek het geweet dat ek die regte ding doen. Deur die skulpe gauteng toe te bring, sou steel wees en die skulpe sou nie asem kry nie.

hand vol sand

as ek ‘n hand vol rooi-sand

by die vliegtuig uitgooi

wonder ek op watter huis se dak dit gaan beland?

die bed onder die boom

onder die ou ivoor boom

het jy vir jou ‘n bed gemaak

van buffelsgras.©

stof en sout

dis van stof eet dat julle so vaal is

dis van sout lek, dat ons so blink.©

trabadoer

Kruppelkop-prikkel en geen gesukkel

 

Hoe dit gebeur het maak nie saak nie, of doen dit?

Dan sit ek voor my venster en die groot dink knoop in my los

(hoekom die lewende wysheid my siel moes hoor)

 

 

die mostert-saad-korreltjie-hoop het die groot hoop in my losgemaak

en jy het my die son laat sien

ek tel my eie woorde, een vir een, ek luister na jou woorde, een vir een

en jy hou van my woorde en ek van joune

 

 

Hoe dit gebeur het maak werklik nie saak nie……….

Maar dit het wel gebeur.

Sal ek voor jou voete buig en hulle soen

Want jy het weer lewe in my verlamde dink gesit. 

 

Hoe ewig-dankbaar buig ek voor jou en jou woorde

In my kreupelbestaan het jy vir my ‘n stut gegee om te gebruik,

en jy het die krippel-kop uit my geskop

en my hoop gegee

 

dis dan wanneer ek wonder?

Is jou regte familie jou regte familie, of is jou opgemaakte familie jou regte familie?

Maar dus…….ek het die keuse om te kies.

 

Vir nick melkbos

16 november 2007

 

Peggy en Parys

Nig Peggy van Parys wou maar altyd model word, of skoonheids pop.  G’n mens sal ooit weet hoekom sy toe gaan sekretarieel gaan leer het, maar deur die getik en shorthand het sy dit tog reggekry om ‘skoonheid’ook te wees. Skoonheid en sekretaresse gaan tog hand aan hand (so het Peggy geglo).

In hoofstraat stap Peggy af, oppad na haar tik-kantoor waar sy briewe, sinne en simple woorde moet tik.  As sy by die koffie-winkel se venster verby stap, loer sy slapoog na haar weerkatsing in die venster. “mooi”het sy altyd vir haarself gese.

So gaan dit aan dag vir dag.  Stap, loer, mooi en dan tik.

 

Sy het dan lunch tyd by die koffie winkel ingegaan, op ‘n sofa gaan sit en lees.  Dan het sy met honger oe na die lekkernye gekyk en dit begeer, maar sy het geweet dat dit haar gaan vet maak. Sy was bang vir vet word. Baie bang. Dus het sy die lekker in die lewe gemis.

 

Die griek in die kafie (koffie winkel) het altyd haal laat verniet koffie drink. G’n mens weet hoekom hy dit gedoen het, maar Peggy was tevrede.

 

Toe dit somer begin, en Peggy kan korter rokkies dra, selfs baie korter rokkies, het sy die dag voor die koffie winkel verby gestap om te gaan tik, en sy het geloer en toe sy wou se ‘mooi’skrik sy haar tikvingers stomp, want haar een been het verkleur.

Sy Gaan staan voor die weerkaatsing, kyk weer en sien blou, groet, rooi, geel strepe al spiraal om haar been, tot bietjie bo waar die soet van Peggy le.

 

Skeefkop bekyk sy haar been,  huilend van skok en stokstyf van vrees.

 

“YOU WERE ALWAYS MY LITTLE SUGARSTICK, PEGGY” se die Griek en dis toe dat Peggy glimlag.

 

Daardie aand, toe Peggy van die werk af terug stap, roep die griek haar in, en sommer daar in die kefie suig hy aan ‘n sugar stick, so lank en mooi soos Peggy sy been.

griekeland

griekeland

hoop

vrede

liefde

stof

daar was 'n tyd
toe die wind rooi stof
opgewaai het
en toe die melklorrie
stof op die vertoonkas
gegooi het

toe die haan 3 keer kraai

toe die haan 3 keer kraai

skoppelmaai en

raai raai

rondomtalie en

blikaspaai.

hier kiep kiep, daar kiep kiep

‘moeggepraat’

in kloofstraat, met dooie

tarreltaal in die straat

en my fiets met solution patches

checker checkers net om die hoek

en die rekkie onder die

brandewyn bottel het my kastreer

taal van my koffi

Die taal van  koffie

 

Hy praat sy taal wat net ek verstaan

Ek sing my eie taal saam

Slurpend, slukkend met vrede

In my hart.

Ek verlang na die taal wat ek verstaan

Die taal van my koffiekan

Die lied van my koppie

Die gesang van my hart.

Tussen ketel en koppie

Tussen liefde en verlang

Tussen soet en bitter

Verwerk ek die gal

 

die pastoor in die pakstoor

. Soos die pastoor in die pakstoor…….hy het altyd in die pakstoor verdwyn. Om wat te maak? Sommige het gese hy berei sy preek daar voor, sommige het gese hy bid, sommige het gese hy dink……maar eendag, net eendag toe loop ek in die pakstoor en daar sien ek hom kniel voor ‘n oop kis en in die kis was ou boeke……….toe ek eendag deur die boeke gaan blaai het, het ek gedink dat ons ma’s almal sterretjies op hulle tieties het.

besteel

ek soek na die verhoogdeur

ek soek na die ritme in my voete

ek soek na die pols in my lyf

en dis nie hier nie…..en ek wonder

wie dit gevat het?

dwaal

met lee koffer en

dowwe padkaart

stap ek na wie weet waar.

Older entries »